Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kry jou tuin gereed vir 2019

Sit ’n dag of twee opsy om die tuin skoon te maak en jy sal gereed wees om die nuwe jaar met trots binne te gaan. Dit help ook om te weet dat die werk wat nou gedoen word die tuin vir die res van die somer in stand sal hou.

Dis lekker om vakansie te hê, maar ek kom altyd terug met ’n gevoel van vrees: Sal die grasperk kniehoog, die blomme kapot en die groente deur onkruid verswelg wees?

’n Vinnige oes: Candy­land Red-kersietamaties.

Gewoonlik is dit nie so sleg soos ek verwag nie, maar dit is ook nie juis goed nie.

Die mense wat gedurende ’n vakansie na jou huis omsien, sien nie altyd as ’n plant se blare hang van ’n gebrek aan water of dat die murgpampoentjies tot ’n murgpampoenmonster gegroei het nie!

Om jou tuin weer reg te ruk, is nie so angswekkend soos dit klink nie. Gewoonlik laat een ordentlike natlei die meeste plante herstel, en as dit met ’n stywe drankie gekombineer word, voel die tuinier ook nie so sleg nie.

Begin met die grasperk

Om die gras te sny en die rante te snoei, laat die tuin dadelik beter lyk. As die gras lank is, plaas die grassnyer op sy hoogste verstelling en verminder die hoogte oor twee of drie weke geleidelik. Dit verhoed dat die gras wit en dan bruin word.

Hou die grasperk ’n bietjie langer in baie warm weer, want dan gebruik dit minder water omdat die wortels in die skaduwee is.

Wees genadeloos

Moenie blomme wat half dood is, laat probeer herleef nie. Trek dit uit en plaas dit op die komposhoop.

Maklik om uit te dun: die shasta-madeliefie (Leucanthemum) Victorian Secret.

Vul leë ruimtes

Vul leë ruimtes met hittebestande somerblomme soos magrietjies, salvia, zinnias, angelonia envinca, wat tot die winter sal aanhou groei. Dit is ook ’n goeie tyd om die lenteblom-meerjariges, soos agapante, irisse, scabiosa en shasta- en michaelmas-madeliefies uit te dun.

Beheer jou knippers

Om op te ruim, te sny of uit te dun, sal ekstra spasie en lig gee vir plante om te floreer.

’n Goed gesnoeide struik (rond, ovaal, driehoekig) skep struktuur in ’n tuin. Gebruik dit as ’n fokuspunt.

Hittebestand: die zinnia-mengsel Zahara Lemonade.

Dien voeding toe

Teen Januarie sal die meeste voedingstowwe deur die reën weggespoel of deur die plante opgeneem wees. Gee meerjariges, struike en bome ’n korrelkunsmis soos Vigorosa 5:1:5 of 8:1:5 en eenjariges ’n vloeibare toediening soos Margaret Roberts Organic Supercharger.

Gee rose ’n tweede lewe

As die rose aan ’n watergebrek ly en die gevolge daarvan toon, sal dit vinnig herstel ná ’n goeie natlei. Hou bemesting terug totdat die blare gesond lyk en nuwe groei spruit.

Gevlekte geel blare kan dui op ’n besmetting van rooi spinmyt, wat aktief word tydens droogtestres. Spuit onmiddellik met dubbele sterkte van Ludwig se inseksproei en herhaal een week later. Maak goed nat.

As daar goeie reën was en die water op die blare gebly het, kan die resultaat swartvleksiekte wees. Dit begin gewoonlik op die onderste blare, en die swart kolle is maklik herkenbaar. ’n Goeie spuit met Cronos, wat ’n geneesmiddel het, kan help, en as dit gemeng word met Ludwig se inseksproei, sal plantluise en blaaspootjies in bedwang bly.

Gate wat uit die blare gekap word, is ’n teken van Kersfeesbesies. Hulle voed snags, daarom is dit die beste om vroeg soggens met Cyper of Plant Care te spuit.

Foto:

Blaas nuwe lewe in jou groentetuin

Begin deur alles te oes, trek dan plante uit wat dood of deur plae verwoes is, asook dié aan die einde van produksie.

Bind plante op wat gesond lyk, maar wild gegroei het. Sny indien nodig.

As witvlieg of plantluise ’n probleem is, spuit met Ludwig se organiese inseksproei (maak seker dat die onderkant van die blare ook nat word). Spuit vier dae later en weer vyf dae later. Dit moet die witvliegsiklus breek.

Bemes groente wat somervrugte dra met Vigorosa of ander 5:1:5- organiese bemesting­stowwe.

Waar daar ruimte is, spit kompos in en plant ’n vinnige somergewas (bosboontjies, Switserse spinasie, babatamaties) of wag totdat dit tyd is om die herfs- en wintergroente uit te plant.

Meer oor:  Alice Coetzee  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.