Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kweek bessies in jou agterplaas

Op VIA se landbouprogram Nisboere verken die aanbieders Malixole “Mali” Gwatyu, Anrich Herbst, Chris de Clerq en dr. Simonia Magardie die stories van mense wat met min grond maar baie gees boer.

In dié reeks artikels kyk ons na die stories, resepte en raad wat jou sal inspireer om self in jou eie agterplaas of tuin te begin boer.

x
x

Bloubessies

Mali besoek die Rosle-boerdery by die Loskop-besproeiingskema buite Groblersdal in Limpopo.

PP Roets en Herklaas de Wet vertel hoe hierdie sitrusboerdery aangevul word deur bloubessies.

Tussen 80% en 90% van hul bessies word per skip uitgevoer.

Roes is hul grootste probleem omdat die boerdery in ’n somerreënvalstreek geleë is.

Die struike word gemanipuleer om nooit hoër as 1,4 m te groei nie. Dit vergemaklik die oesproses en help om die bedekking optimaal te kry van die stowwe wat deur hul toringspuite van 1,8 m toegedien word.

Vanjaar gaan hulle 750 mense hê om die bessies te pluk.

As jy met bloubessies wil boer, moet jy ’n groot bankrekening hê – die vestigingskoste is tussen R2 miljoen en R3 miljoen per hektaar.

x

Plant bloubessies in jou agterplaas

  • Voëls is mal oor die bessies – span dus jou struike met net toe.
  • Kies ’n sonnige, beskutte plek.
  • As jy die bessies in groot houers plant, sal dit makliker wees om die voëls te beheer. In ’n bedding moet die bosse ’n meter uitmekaar geplant word.
  • Bloubessies hou van suur grond. Werk dennenaalde of veenmos by die grond in.
  • Koop jou plantjies by ’n betroubare kweker wat jou ook die fyner kunsies van pluk en snoei kan leer.
x

Wat anders het in ‘Nisboere’ gebeur?

Philip maak ’n draai by Agri Technovation in Wellington waar hy met Erik de Vries gesels oor dié onderneming wat op presisieboerdery gerig is.

Hulle bied gespesialiseerde dienste en voedingsprodukte aan wat deur ’n tegniese span ondersteun word.

Hoe voeg hulle waarde toe vir die boer?

Data het in kaste gelê of waar ook al, maar nou word al daardie inligting byeengebring op die platform MyFarmWeb. Dit maak dit vir die boer moontlik om alles op een plek te sien en so kan hy dus maklik en vinnig besluite neem oor sy boerdery.

Chris het by Aquaflora SA net buite Pretoria gaan kyk hoe waterplante uit Suid-Afrika se vleilande en van oorsese lande gekweek word.

Pieter van der Walt se ma het die kwekery in 1980 begin omdat sy lief is vir plante. Sy het vinnig agtergekom om mededingend te wees moet sy iets kweek wat niemand anders kweek nie en waarvoor daar ook ’n aanvraag is. Vandag kweek hulle sowat 100 verskillende spesies waterplante.

Waterlelies het oor die algemeen min las van peste en plae. Dis ’n taamlik intensiewe boerdery wat jy op een hektaar sou kon bedryf.

  • Nuwe episodes van Nisboere wys elke Dinsdag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Sondae om 16:30. In samewerking met Laeveld Agrochem.
Meer oor:  Via  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.