Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kweek groente maklik in boks
Gesinsgrootte – die medium Vegepod vir binnehowe en patio’s.

Groente het baie son nodig, veral in die winter, asook vrugbare grond wat goed dreineer. Merk dié drie boksies en jy is al halfpad op pad na ’n suksesvolle groentetuin.

Nie alle tuine is ideaal vir groente kweek nie. Daar is miskien nie genoeg son nie, die grond kan dig wees met slegte dreinering, of daar is nie genoeg ruimte nie.

Self al sukkel jy slegs met een hiervan, is dit beslis ’n goeie idee om die houerroete te oorweeg. Potte benodig min ruimte, kan agter die son aan geskuif word en houertuinbou is ’n hanteerbare manier om groente te kweek, veral vir beginners. As jy klein begin, is daar minder versoeking om meer groente te plant as wat jy kan beheer.

Enige soort houer is geskik, solank dit dreineringsgate het en diep en breed genoeg is om die wortels en groei van die volwasse groente te huisves.

’n Toenemende verskeidenheid patiogroente word gekweek om in potte of in klein ruimtes te groei. Hierdie plante is kompak en meer kan in ’n kleiner ruimte pas. Hulle dra meestal kleiner vrugte, maar het hoër opbrengste.

’n Verdere pluspunt van houertuinmaak is die beskikbaarheid van selfstandige stelsels wat rondgeskuif kan word. Houers is ook van ’n gemiddelde hoogte, wat dit geskik maak vir diegene wat nie vooroor kan buig nie of rugprobleme het.

Probeer dié produkte

Nuut op die mark is die Vegepod, ’n kompakte plantkas in drie verskillende groottes. Dit is toegerus met ’n ligdeurlatende afdak wat ’n mikroklimaat skep, terwyl son en lug maklik by die plante uitkom. In die winter kan jy dit toemaak om die tingerige plante teen die koue te beskerm en in die somer om die plae uit te hou.

Elke Vegepod is toegerus met watertenks wat water aan die wortels voorsien deur middel van ’n waterwikstelsel met ’n misspuit vir baie warm dae.

Die kleinste Vegepod is een meter by ’n halwe meter, ideaal vir ’n balkon of as beginnersopsie. Die mediumgroot Vegepod (een meter by een meter) is weer ideaal vir ’n binnehof. Die groot een is twee meter lank en een meter breed (min of meer die grootte van ’n deur). Die plantkaste kom met ’n opsionele staander waarop wiele aangebring kan word.

Die Urban Box van Talborne Organics is ’n modulêre stelsel van een, twee of drie vlakke. Dit word uit herwonne houtpallette vervaardig en is in ’n verskeidenheid moderne kleure geverf. Dit is nie ’n geslote stelsel nie, maar sy modulêre ontwerp maak voorsiening vir variasies in grootte en hoogte. Wiele kan aangebring word om dit makliker te maak om rond te beweeg.

RainQueen-gegolfde staalhouers is ovaal of rond en gemaak van geriffelde yster-fynplaat wat aanmekaar knip. Dit is lig en maklik om te beweeg en is diep genoeg om klein vrugtebome te huisves. As dit met potgrond gevul word, is die dreinering goed, die grond verhard nie en water word langer behou. Traliewerk of ander ondersteuning kan in die houer opgerig word as ondersteuning vir plante of om skadu- en voëlnette te stut.

Gesinsgrootte – die mediumgroot Vegepod vir binnehowe en patio’s.
Kweek groente in houers

Joanne van der Westhuizen van Vegepod beveel aan jy gebruik die beste potgrond, verryk met kompos en bedek met deklaag. Meng organiese kunsmis (Vita Grow 2:3:2 (16) of Vita Fruit & Flower 3:1:5 (18)) vir mikro- en makrovoedingstowwe.

As organiese kunsmis nie met die plantproses bygevoeg word nie, moet dit minstens een keer per maand blaarvoeding kry of die grond moet met ’n vloeibare kunsmis deurdrenk word, omdat groente swaar voeders is. Vervang die grond elke twee jaar.

In die winter kan potte twee tot drie keer per week natgemaak word, maar in die somer, veral in buitengewoon warm weer, moet jy elke dag water gee en skaduwee gebruik indien nodig. Die voordeel van ’n self-natleistelsel is dat watertenks oorwatering voorkom.

Peste is meestal meer hanteerbaar en makliker om in houertuine te beheer. Dit kan met die hand verwyder word, deur middel van kolbespuiting uitgeroei word of deur ’n afdak uitgehou word.

Die ideale groente vir ’n winter-houertuin is Switserse snybeet, roket, krulkool, babakool, Asiatiese blaargroentes, blaarslaai en ander babaslaaiblare.

Vir meer inligting besoek vegepod.co.za, talborne.co.za (Urban Box) en rainqueensa.co.za. Al drie kan aanlyn bestel word vir aflewering by die huis.

Meer oor:  Alice Coetzee  |  Groente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.