Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Kweek jou eie vir ware smaak
Patio-tamaties soos dié “Patio Choice Yellow” is basters wat spesiaal geteel is vir kweek in klein ruimtes.

Tuinsentrums verkoop deesdae tamatiesaailinge van erfenisvariëteite in ’n mengsel van reënboogkleure.

Tamaties is maklik om te kweek, maar dit benodig meer sorg as die meeste ander groente.

Insek-aktiwiteit of siekte moet onmiddellik hanteer word, anders word die oes benadeel. Rank­variëteite moet gereeld afgebreek of gesnoei word. Selfs by bosvariëteite lewer snoei beter opbrengs.

“Sunrise Sauce” is ’n vinnige volwasse, bosagtige oranje Roma-tipe.

Vyf “moets” vir ’n tamatietuin

  • Tamaties hou van vrugbare grond; maak dus seker jy voed die grond met kompos voordat jy plant. Verbeter dreinering en beligting van terrasse of beddings.
  • Kies ’n plek wat die oggendson en die middagskadu kry. Plant die plantjies sowat 60 cm tot 80 cm uitmekaar.
  • Maak gereeld nat sodat die grond deurlopend vogtig is. Moenie die grond te veel laat uitdroog of oorwater nie, dit raak die vrugtegroei. Hou die wortels koel met ’n deklaag.
  • Bemes wanneer die plant begin blom en vrugte dra.
  • Bestuur plae. Witvlieg, plantluise en rooispinnekop (spider mite) is almal aangetrokke tot tamaties en kan beheer word met organiese insekdoders soos Ludwig’s Insect Spray of Margaret Roberts Organic Insecticide. Die larwes van die Amerikaanse bolwurm word in die vrugte gelê, wat veroorsaak dat die vrug van binne af vrot. Hul teenwoordigheid blyk uit die sigbare gate in die tamaties. ’n Organiese oplossing is die Margaret Roberts Biological Caterpillar Insecticide. Voorkomende bespuiting moet begin wanneer die vrug begin vorm.
Heinz 1370 is een van daardie ou gewilde tamatiesoorte.

Tamatie-tendense om te volg

Baba-tamaties is die nuwe lekkergoed, en dit is nie net kersietamaties nie. Daar is “bessie” en “druiwekorrels”, asook verskillende kersietamaties. Almal is ekstra soet en lekker.

“Candyland Red” is ’n nuwe tamatie. Die donkerrooi soet vrugte is kleiner as die kersietamatie s’n, gereed om direk uit die tuin in jou mond te steek. Die plant is netjieser as ander soortgelyke tamaties en die trossies word aan die buitekant van die plant gevorm, wat oes makliker maak.

Swart tamaties (diepbruin of donkerrooi) is minder suur as rooi tamaties. “Black Krim” is ’n kragtige, hitteverdraagsame plant met donkerbruin/rooi vrugte met ’n pikante, ryk en soet smaak. Dit is beskikbaar in saad of in ’n saailingpak. “Midnight Snack” is ’n nuwe indigo-kersietamatie met ’n blink swartpers skil wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Hierdie kleur kom uit die ophoping van antosianienpigment, dit is dieselfde rede hoekom bloubessies blou is. Dit bevat gesonde antioksidante. Die takke moet gestut word om te kan rank (’n obelisk is geskik). Dit moedig die plant aan om vrugte te dra. Dit is ’n baie vinnige groeiende plant.

Alice Coetzee

Patio-tamaties is basters wat spesiaal geteel is vir kweek in klein ruimtes, in potte of hangmandjies. Die plante is sterk en stewig, met hoë opbrengste van tot 50 of meer tamaties per plant. Variëteite sluit in die kersie-tipe, “Patio Choice Yellow” en “Sweet ’n’ Neat Scarlet”.

“Red Napoli” is ’n kleiner weergawe van die Roma-tamatie, en “Sunrise Sauce” is ’n vinnige volwasse, bosagtige oranje Roma-tipe. Die opbrengs is hoog, en die oranje vrugte is soet en vleisagtig. Dit kan rou geëet word, maar die beste geur word behaal deur kook. “Tumbling Tom” (geel en rooi) is geskik vir hangmandjies.

Rooi is nog steeds die beste omdat rooi tamaties likopeen bevat, die antioksidant wat depressie verminder en glo help beskerm teen prostaatkanker en hartsiekte. Goeie veelsydige tamaties, soos Floradade, Heinz 1370, en Rodade sal altyd gewilde tuintamaties wees. “Megabite” is ’n nuwe dwergverskeidenheid (40 cm hoog) wat baie blink, rooi, vleisagtige tamaties lewer.

Meer oor:  Alice Coetzee  |  Tuinier  |  Plant  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.