Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Loops hou konsert in Botaniese Tuin

Jeremy Loops is een van verskeie kunstenaars wat op 8 September in die Botaniese Tuin in Pretoria konsert hou. Persone van alle ouderdomme is welkom.

“Ek onthou hoe my ouers altyd in ons huis musiek gespeel het,” sê die sanger van Muizenberg, Kaapstad.

“Op universiteit was ek obsessief oor kitaar speel, maar ek het nie op daardie stadium gedink ek sal van musiek ’n lewe kan maak nie.”

Jeremy Loops en ’n paar ander kunstenaars is op 8 September in die Botaniese Tuin in Pretoria te sien. Foto: Taahir Matthews

Loops het egter vir drie jaar op ’n skip gewerk en geld gespaar waarna hy besluit het om te kyk of hy met sy musiek vordering kan maak.

“Ek het myself ses maande gegee om ’n voet in die musiekbedryf se deur te kry voor ek sou opgee,” sê Loops. “Ek was egter gelukkig en daar was omtrent onmiddellik belangstelling in my.”

Loops is bekend vir sy kitaarspel en hy is ook handig met ’n mondfluitjie. Ander instrumente wat hy probeer baasraak is die klawerbord, die banjo, die trekklavier en mandolien.

Motheo Moleko is ’n kunstenaar saam met wie Loops al verskeie projekte aangepak het. Voorts het hy al ’n paar keer saam met Cassper Nyovest gewerk.

“Ek sou nogal Queen, toe Freddie Mercury nog geleef het, wou sien optree,” sê Loops.

“Ander kunstenaars wat ek graag op die verhoog sou wou sien is Prince, Aretha Franklin, Bob Dylan en Fleetwood Mac. My inspirasie kom egter van orals, en hierby sluit ek jonger kunstenaars in wat nog nie regtig naam gemaak het nie.”

Loops het reeds ’n MTV Afrika-toekenning vir die beste alternatiewe album gewen. Hy het ook twee MK-toekennings om mee te spog.

“Ek is versot op fotografie en die see,” sê Loops. “Branderplankry is een van my gunsteling-tydverdrywe, maar ek hou basies van enigiets wat my in die buitelug kry.

“My huis word tans opgeknap en dit het my verbeelding ten opsigte van argitektuur en houtwerk geprikkel.”

Ons mik nou vir 10 000 kaartjies ’n aand of selfs meer.

Loops se jongste album, Critical As Water, is ’n paar maande gelede uitgereik, maar dit beteken nie hy gaan op sy louere rus nie, want volgens hom is hy altyd besig om musiek te skryf.

“Ek voel dis my verantwoordelikheid om internasionale deure vir plaaslike kunstenaars te help oopmaak,” sê Loops.

“Ek toer saam met groepe soos onder meer Twenty One Pilots en Milky Chance en ons verkoop tot 3 000 kaartjies per konsert.

“Ons mik nou vir 10 000 kaartjies ’n aand of selfs meer. Hierdie getalle kom uit lesse wat ’n mens uit jou foute leer en ek voel die boodskap wat ek aan plaaslike kunstenaars wil oordra is dat dit gedoen kan word.”

Die konsert op 8 September begin om 10:00. Kaartjies is by sunburnandwonder.howler.co.za beskikbaar. Ook op die program is We Are Charlie, Little Ringo en December Streets.

  • Een gelukkige leser kan ’n dubbelkaartjie vir die konsert wen. Like Metro-Beeld-Noord se Facebook-blad en inboks jou naam en tel. no. vir ons. Sluit ook Loops se naam by jou inskrywing in.
Meer oor:  Jeremy Loops  |  Pretoria  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.