Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Maak Tuindag besonders vanjaar

Alle tuine, klein of groot, het die potensiaal om Suid-Afrikaners saam te snoer, en vanjaar kan Tuindag op 20 Oktober dié spesiale dag wees om saam met familie, vriende en bure in die tuin te kuier.

Prof. Nox Makunga, ’n plantwetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch, met ’n blommekrans op haar kop.

Daar is definitiewe gesondheidsvoordele as jy gereeld tyd in ’n tuin deurbring en dit word trouens gereeld deur kundiges aanbeveel vir mense wat van die stres van die daaglikse lewe ontslae wil raak.

Tuinmaak word in die Verenigde Koninkryk as só voordelig beskou dat ongeveer een uit vyf geneeshere “groen voorskrifte” uitskryf en aanbeveel dat pasiënte gereeld aan rustige bedrywighede soos gemeenskapstuinmaak deelneem om siektes soos diabetes en demensie te verhoed, asook om probleme soos afsondering teen te werk.

As jy dalk dink dat tuinmaak net bedoel is vir dié wat reeds afgetree het en dus baie tyd tot hul beskikking het, kan jy gerus weer dink.

Millenniërs in die VK wat deur ’n al hoe onstuimiger wêreld afgeskrik word, soek vrede tussen plante eerder as ontspanningsaktiwiteite soos joga en meditering. Hulle wil eerder meer tyd tussen plante deurbring.

Dié vrugbare tyd is op talle maniere besonder voordelig:

  • Vervang tyd voor televisie- en rekenaarskerms met tyd in die tuin. Elke uur wat mens voor ’n TV-skerm deurbring, knip jou lewe met ’n paar minute kort. Elke uur wat jy aan tuinmaak bestee, verleng jou lewe.
  • Tuinklubs by skole leer kinders fyn motoriese vaardighede aan danksy take soos die oorplant van saailinge en die vasbind van tamaties.
  • Om tuin te maak beteken minder rondlê op die rusbank. Dit verbeter jou liggaamlike gesondheid. ’n Halfuur van grassnyer stoot verbrand 150 kalorieë. Dit is gelyk aan ’n matige gimsessie – en jy hoef jou nie oor daardie hernuwing van jou lidmaatskap te bekommer nie.
  • Paartjies wat saam tuinmaak, word saam oud. Ja, tuinmaak-paartjies sê hulle is ook geduldiger met mekaar.
  • Die geheim van tuiniers se vreedsaamheid lê dalk in die grond; muise toon hoë vlakke van serotonien – die “goedvoelhormoon” – wanneer hulle aan bakterieë in die grond blootgestel word.
  • Plant vir produktiwiteit. Kantoorwerkers met huisplante op hul lessenaars is sowat 15% meer produktief as dié daarsonder.
  • Maak ’n blommekrans op Tuindag en dra dit waar jy ook al is.

Tuindag is geskep deur Candide, ’n gratis tuinbou-app wat tuiniers met ander plantliefhebbers, openbare tuine en kwekerye verbind.

Die doel is om ’n beweging aan die gang te sit om alle Suid-Afrikaners saam te snoer. Die app is ’n omvattende bron van kennis oor plante, plant-identifisering en wenke vir tuinmaak.

Dit is verspot maklik om aan Tuindag deel te neem. Gaan na www.gardenday.co.za en laai ’n pakket met wenke, raad en video’s af met die doel om jou te help om die volmaakte viering van dié dag te beplan.

* Onthou om by die beweging aan te sluit deur @GardenDaySA op Facebook, Instagram of Twitter te volg.

* Deel jou Tuindag-viering op sosiale media met @GardenDaySA en #GardenDaySA.

Kry inligting by: https://www.facebook.com/gardendaysa/ en https://twitter.com/gardendaysa

Meer oor:  Tuindag  |  Prof. Nox Makunga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.