Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Marokko in jou tuin

Tuine hoef nie net groen  en aardse kleure te hê nie, potblou en kanariegeel ­ sorg vir hope pret, skryf  Ilse Zietsman.

Ilse Zietsman se tuin wat sy ook blou en geel ingekleur het ná haar besoek aan die Majorelle-tuin in Marokko. Foto: Ilse Zietsman

Jacques Majorelle (1886-1962), ’n Franse kunstenaar, het met geel en blou die beroemde Majorelle-tuin (of Jardin Majorelle) in Marrakesj, Marokko, ingekleur.

Dit het alles begin toe Jacques in 1923 ’n stuk grond in die Goeeliz-buurt gekoop het. Hier het hy vir homself ’n ateljee en huis gebou en plante en bome wat goed in ’n droë klimaat aard – soos kaktusse, aalwyne, palmbome, bamboes, olyf- en jukkabome – in die tuin aangeplant.

Jacques, wat oorspronklik na Marokko gekom het om ná ’n siekbed te herstel, het gou geleer die Marokkane glo dat blou jou teen bose geeste beskerm.

Jacques, wat oorspronklik na Marokko gekom het om ná ’n siekbed te herstel, het gou geleer die Marokkane glo dat blou jou teen bose geeste beskerm. Hy’t nie juis in bygelowe geglo nie, maar die verskillende skakerings van blou was vir hom verskriklik mooi.

Een tint het vir hom uitgestaan – ’n kobaltblou wat deesdae wêreldwyd as Majorelle-blou bekend staan.

Die tuin in Marrakesj, Marokko, waar Jacques Majorelle blou en geel gebruik het om die plante af te rond. Regs:Verf soos Ilse ’n buitedeur geel en muur blou.

Saam met dié blouer as potblou kleur het hy kanariegeel gebruik. Dit het vir hom die groen skakerings van die natuur en die kleur van die blomme in die tuin laat uitstaan. Ná Majorelle se egskeiding in die 1950’s kon hy nie langer die tuin onderhou nie en moes hy dit noodgedwonge verkoop. Die eens pragtige tuin is verwaarloos en net so laat lê.

In die 1980’s het die Paryse modeontwerper Yves Saint Laurent en sy vennoot Pierre Bergé die Jardin Majorelle ontdek, gekoop en gerestoureer. Dié botaniese tuin is toe in ’n kunstenaars-landskapstuin omskep.

Kyk uit vir ligte met geel glas om in jou tuin te hang.

Maak jou eie Majorelle-tuin

Saint Laurent het op ’n keer gesê: “Vir baie jare het ek ’n onuitputlike bron van inspirasie in die Majorelle-tuin gevind en ek droom gereeld van die tuin se kleure.”

Ekself het nadat ek die Majorelle-tuin jare gelede besoek het, die einste inspirasie gevoel en ná my terugkoms my eie tuin ook met Majorelle-blou en kanariegeel getakel.

Verf ’n buitedeur geel en muur blou.

Al het jy nie groen vingers nie, is dit verspot maklik om jou tuin in ’n Marokkaanse oase te omskep.

  • Laat meng Majorelle-blou verf by jou verfhandelaar. Dis maklik om aanlyn ’n aanduiding te kry presies hoe dié skakering blou moet lyk.
  • Verf ’n fokusmuur, of meer as een, Majorelle-blou. As jy ’n buitegeboutjie het, dam dit ook by.
  • Verf ’n tuinbank, sytafeltjies en los stoele in kanariegeel. Verf dalk ook hier en daar ’n stoel of ’n los boomstomp Majorelle-blou.
  • Koop koperkruike en lanterns by tweedehandsewinkels en witolifanttafels. Hang die kruike en lanterns rond en bont. Sorg dat party in ’n bondel hang en ander verder van mekaar af. As jy lanterns met geel glas raakloop, gryp die kans dadelik aan om jou kleurskema só uit te brei.
  • Terwyl jy – ná die aanvang van vlak 3 van die inperking – in tweedehandsewinkels uithang, loer rond of jy ou voëlhokkies sien. Verf dit blou en/of geel en hang dit tussen die kruike en lanterns of in die bome in jou tuin.
Leer jouself mosaïek en teël die oppervlak van ’n sytafeltjie of ’n plantpot.
  • Leer jouself mosaïek en teël die oppervlak van ’n sytafeltjie of ’n plantpot.
  • ’n Tipies Marokkaanse tuin (of binnehof) het gewoonlik ook ’n fontein en keramiekteëls met tradisionele Marokkaanse motiewe. By gebrek aan ’n fontein kan jy ’n erdekom vol water maak en roosblare daarin laat dryf. Dit verskaf sommer ook drinkplek vir tuinvoëltjies.
  • Jacques Majorelle het geglo kobaltblou bring die kleur van enige blomme uit. Jy kan dus enige plante gebruik. Sou jy meer van die blou tema wou uitlig, kan jy met agapante, krismisrose en laventel eksperimenteer.
  • As jy nie ’n tuin van jou eie het nie, kan jy dieselfde kleurskema op jou balkon inspan. Verf plantpotte blou en geel; stoffeer ’n stoel in dieselfde skakerings of trek ’n strooikussing só oor.

Lees meer op die tuin se webwerf, www.jardinmajorelle.com.

Meer oor:  Marokko  |  Tuine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.