Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
’n Oulap se rooi maak mooi

Omdat rooi so ’n sterk kleur is, kan jy ver kom met selfs net ’n bietjie daarvan, maar ’n tuin is beslis ook armer daarsonder. Gebruik rooi in jou tuin soos jy strooikussings in jou huis sou gebruik, en voeg ander kleure by om ’n area lewendig te maak.

Ek hou onbeskaamd van rooi en deur die jare het my tuin se kleurskema opsigteliker geword, met rooi en bloedrooi rose, sowel as ’n driehoek bloedrooi Iresine “Brilliantissima” (wat ’n vriend die beetplant noem), vurige blaarkannas en silwerspies-irisse.

Aangesien rooi en groen die kleure van Kersfees is, sowel as vennote op die kleurwiel, is dit ’n goeie verskoning om my vir die rooi kleur te beywer.

Omdat rooi so ’n helder, sterk kleur is, is dit baie effektief as ’n dramatiese fokuspunt in die middel van ’n bedding, aan die einde van die uitsig of om die oog na ’n ander deel van die tuin te trek.

Plant vir Kersfees amarillis in die tuin.

Nancy Gardener, doyenne van tuinskrywers, stel egter ’n baie interessante punt dat rooi die beste vertoon as dit naby of in middelafstand gebruik word omdat dit moeilik is om van swart te onderskei as dit verder weg gebruik word.

Rooi trek aandag en rooi blomme word gewoonlik gebruik om ’n kontras met immergroen struike te skep. Ons oë ervaar blykbaar rooi op sy maksimum sterkte as dit gekombineer word met groen skakerings.

Baie tuine met min onderhoud is afhanklik van groen blare en hoewel die effek rustig kan wees, maak ’n spatsel rooi hier en daar die grootste verskil.

Ludwig Taschner, van Ludwig’s Roses, onthou dat kantore baie jare gelede groen geverf is as ’n manier om spanning te verlig, totdat daar gevind is dat te veel groen eentonig is en ’n gebrek aan aandag tot gevolg gehad het.

“Geen ander rooskleur is simbolies so helder en sterk soos rooi nie,” sê Ludwig, maar hy glo ook dat dit spaarsamig in kleiner tuine gebruik moet word.

Klimrose is ideaal vir daardie tikkie rooi om jou tuin op te helder.

Een manier is om rooi klim­rose, soos “Cherry Garland”, “Red Midinette” of selfs “Carmine Panarosa” te gebruik om ’n boog te beklemtoon.

Nog ’n opsie is om ’n weelderige mengsel van rooi en pers of goue rose met silweragtige blare te maak. Donkerrooi rose lyk kraakvars saam met blou en wit blomme, soos wit madeliefies en blou agapantplante.

Kleurspesialiste sê dat die toevoeging van swart tot rooi die rooi verdiep en dat dieselfde effek voorkom as rooi blomme teen ’n donker muur of swart heining geplant word. Sterk, donker blare versprei ook die intensiteit van rooi blomme en lewer ’n verrassende ryk effek.

Dit is maklik vir rooi om ’n tuintjie te oorheers, dit is waar houers so goed werk, veral as jy ’n mengsel van rooi en ander gekleurde blomme gebruik.

Petunia “Queen of Hearts” sal enige besoeker se hart warmer laat klop.

’n Petunia wat hom leen tot sonnige beddens, houers en hangmandjies is “Queen of Hearts”. Kyk mooi, dan sien jy die rooi harte op die blomblare. Dit lewer baie groot enkele blomme op ’n mooi kompakte en bosagtige plant, veral as dit een keer per maand met vloeibare kunsmis gevoed word.

As jy hierdie Kersfees net plek het vir een rooi blom, maak dit dan amarillis. Die trompetvormige blomme is die toonbeeld van Kersfees. Plante benodig helder, indirekte lig en matige water. Hulle vermeerder baie mooi, veral as dit uitgeplant of in groter houers geplant word.

Meer oor:  Alice Coetzee  |  Blomme  |  Rooi  |  Plante  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.