Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Ná die reën . . . die blomme!

Die reën het nou al lekker geval aan die Weskus en die blommetjies begin klaar kop uitsteek. ’n Uitsonderlike blommejaar word voorspel.

Gaan kyk na die Weskusblomme ná die goeie reën.
Donovan en Alexander le Roux ruik aan die pragtige veldblomme wat by Langebaan begin opkom. Foto: Leona Vorster

“Die mense in die streek is so opgewonde. Dit voel vir ons of die droogte uiteindelik gebreek is en dat daar weer hoop is . . . ons kan nie meer wag vir Augustusmaand nie. ’n Wonderlike blomseisoen wink!” sê Mike Spies, eienaar van Namakwa-Toere.

Leona Vorster, ’n Rapport-leser van Langebaan, het ook laat weet “die Weskusblommetjies het hul gesiggies begin wys”.

En in Clanwilliam maak hulle gereed vir die jaarlikse Veldblommeskou van 24 Augustus tot 2 September in die Blomkerk aan die bopunt van die hoofstraat. Hier word die veldblomme van die omgewing in ’n mensgemaakte landskap uitgestal. Besoek hul Facebookblad Clanwilliam Wildflower Show vir meer inligting.

As jy gelukkig genoeg is om vanjaar blomme te gaan kyk, deel dit met die ander wat nie so bevoorreg is nie en stuur vir ons ’n paar van jou foto’s na alet@media24.com.

Van 7 tot 9 September vier die mense van Vanrhynsdorp die Namakwaland-Blommefees by Gifberg, ’n plat berg suidoos van die dorp. Die Vrydagaand word daar sterre gekyk, Saterdag kan jy eers ’n veldwedloop hardloop en dan die veld saam met ’n gids gaan verken, en Sondag is daar ’n jogasessie tussen die blomme.

Kaartjies kos tussen R700 en R1 900, afhangend of jy self wil tent opslaan of stylvol in ’n klaar opgerigte tent wil tuisgaan. Die kaartjies sluit al die aktiwiteite in.

  • Gaan na namaqualandflowerfestival.co.za vir meer inligting.

As jy gelukkig genoeg is om vanjaar blomme te gaan kyk, deel dit met die ander wat nie so bevoorreg is nie en stuur vir ons ’n paar van jou foto’s na alet@media24.com.

Meer oor:  Blomme  |  Weskus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.