Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Ou T-hemp word potplanthanger

Die hergebruik van ou T-hemde om eenvoudige, dog byderwetse potplanthangers te maak, is ’n wonderlike manier om huisplante uit te stal en vertrekke met ’n spatsel kleur op te vrolik.

Hang dit in jou eie huis of bederf jou geliefdes of vriende met een.

Jy benodig ou T-hemde, ’n skêr, liniaal, pen, klein blompotte van keramiek of metaal en ’n verskeidenheid klein plantjies om in die potte te plant.Foto’s: Life is a Garden
Stap 1: Vou die T-hemp in die helfte in die lengte af. Gebruik die liniaal en pen om ’n streep net onder die mou te trek en knip daardie deel af, jy gaan dit nie nodig hê nie.
Stap 2: Gebruik die liniaal en pen om die gevoude T-hemp in agt ewe breë stroke te verdeel. Sny deur. Vou nou die hemp oop en sny die een kant van elke strook oop. Jy behoort agt lang stroke lap te hê.
Stap 3: Knoop die stroke aan een punt aanmekaar om die onderkant van die potplanthanger te vorm.
Stap 4:Lê die lapstroke plat op ’n tafel en verdeel in vier pare. Maak ’n knoop in elke paar net onder die groot knoop. Maak net seker dat die knope almal op dieselfde vlak is.
Stap 5: Plaas die materiaal weer plat op die tafel en sprei die geknoopte stroke uit. Neem ’n strook van elke teenoorgestelde paar en knoop saam, hierdie keer ’n bietjie laer as die eerste knoop. Herhaal dit tot al die pare geknoop is.
Stap 6: Herhaal stap 5 totdat jy net genoeg materiaal oor het om al die stroke in een groot knoop saam te voeg. Dis waaraan jou handewerk gaan hang.
Plaas nou jou potplante in die planthanger en gaan bos!
Meer oor:  Potplanthanger  |  Doen Dit Self
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.