Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Rommelhoop word buurt se spogtuin
Johan (69) en Francis (64) Herselman by ’n blommende aalwyn.Foto: MONIQUE BASSON

Paradysstrand – Twee Paradysstrand-inwoners wat moeg was vir die onwettige rommelhoop skuins oorkant hul huis het dit binne maande in ’n paradys vir voëls en ander klein diere omskep.

Die verwaarloosde, oop stuk grond, op die hoek waar die grondpad by die teerpad in Immergroenlaan aansluit, het die jare lange tuinliefhebbers Francis (64) en Johan Herselman (69) dwars in die krop gesteek.

Die Herselman-egpaar was vasberade om ’n einde aan dié gemors te maak. Veral omdat hul eie tuin hul vreugde en trots is.

“Onderhandelinge met die Kouga-munisipaliteit het in 2018 begin en ’n paar weke later is ooreengekom dat ons die grond vir die aanlê van ’n tuin kan gebruik,” sê Johan

Daar is dadelik aan die werk gespring en nou, twee jaar later, is die tuin in volle gang en ’n ware oase ten spyte van beperkinge soos ’n tekort aan water weens die uitmergelende droogte.

Volgens Johan het dit hulle drie weke geneem om die hope rommel te verwyder.

Terwyl Francis die beddings skoonhou, sny hy die gras. Nie ’n druppel munisipale water word gebruik om die tuin nat te maak nie. Slegs reënwater word vir die doel gebruik. Twee 5 000 liter- en drie 1 000 liter-watertenks word vir die opvang van reënwater gebruik.

Daar is verder 15 dromme by al die geute wat nie na die ander watertenks loop nie. Só word verseker dat nie ’n druppel water vermors word nie. – Monique Basson

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.