Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vier ons tuinbou op Tuindag

Môre is Nasionale Tuindag, en vanjaar voel dit asof ons tuinbou ondanks droogte, intense hitte, dreigende waterbeperkings en die stygende lewenskoste, wat ook stygende koste vir tuinmaak beteken, kan vier.

Groentee uit die tuin, dit is soos Gundula Deutschlander, Babylonstoren se tuinier, Nasionale Tuindag gaan vier.

Hoe kan tuinmaak ons bymekaar bring en die belofte bied dat tuinmaak terapie is, sodat dit ons gelukkiger en gesonder kan laat voel? Ons is beslis ’n hoopvolle nasie, en kyk altyd op na die lug vir tekens van reën. As die “nuwe normaal” ’n onvoorspelbare reënvalpatroon en hoër temperature is, beteken dit dat ons tuinbou moet inkort?

Wat die afgelope seisoen my geleer het, is dat die meeste van ons plante baie minder water benodig as wat ons dink. Plante, en selfs grasperke, is baie veerkragtiger as wat ons besef. Kyk net hoe vinnig staan dit fors in die tuin nadat die reën geval het. Dit gaan ook oor die keuse van plante wat meer gehard is teen hitte en droogte.

Kyk na inheemse struike soos syselbos (plumbago) en Kaapse kamperfoelie (Tecoma capensis), bougainvilleas wat in ’n verskeidenheid kleure blom, vetplante wat al hoe mooier word en daar is selfs ’n nuwe reeks “stamina”-rose wat minder water kan hanteer, beskikbaar.

Volgens die organiseerders van Nasionale Tuindag moet jy nie net vir jouself tuinmaak nie, en dit is die etos agter Nasionale Tuindag. Tuine, ongeag hoe groot of klein, het ook die potensiaal om Suid-Afrikaners bymekaar te bring. Vier môre Tuindag deur vriende uit te nooi vir tee, middagete of mengeldrankies en gesels oor tuinmaak (nie politiek, ekonomie of Donald Trump nie). Kom ons vier ons gemeenskaplike wys­heid en deel idees.

Hier is ’n paar wenke wat ek môre saam met my tuisgekweekte spinasietert sal voorsit:

  • Moenie ’n R100-plant in ’n R10-gat plaas nie; dit moet andersom wees. Dit is die raad van die tuinargitek Shirley Wallington. Met ander woorde, jy moet jou inspan om die grond voor te berei voordat jy iets plant. Spit kompos in, en dan nog ’n bietjie, en gebruik organiese kunsmisstowwe. Hoe beter die gehalte van die grond, hoe beter sal jou plante droogte en hitte oorleef.
  • Gee ’n plant wat hy wil hê. Plante op die regte plek floreer. Sonliefhebbers wat in skaduwee geplant word, word lank, kry siektes en blom nie. Skaduwee-plante wat te veel son kry, word watervraatsig.
  • Ondersoek elke moontlike manier om water te bespaar of te hergebruik. Belê in ’n reënwatertenk, gebruik gryswater (stortwater, wasmasjien) selfs vir jou groente (was dit net voor gebruik). Verwyder watergulsige onkruid, gebruik waterhoudende produkte in die grond, bedek gevoelige groente met skadunet.
  • Moet ook nie die grond kaal laat nie, maar moet ook nie oorvleuel nie. ’n Dik deklaag van 1 cm tot 2 cm hou die grond langer koel, klam en moedig erdwurms aan. ’n Vlak deklaag voorkom dat die water die grond deurdring.
Meer oor:  Alice Coetzee  |  Tuine  |  Tuinmaak  |  Tuindag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.