Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vlytige liesbet reg soos reën

Skaduryke somertuine kan weer gevul word met stroke kleurvolle beddings propvol impatiens. Ná bykans ’n dekade sonder die plante,  is die maklike vlytige liesbet (Impatiens walleriana) weer beskikbaar as ’n hoogs siektebestande variëteit genaamd ‘Beacon’.

Statig: Beacon-impatiens is die ideale witblom om aan te wend as ’n vinnige potvuller.

In alle opsigte boots die nuwe impatiens “Beacon” die tradisionele “Super Elfin” na as ’n vinniggroeiende, digte beddingplant, maar sal nie swig voor donsskimmel nie, die swamsiekte wat die “Super Elfins” uitgewis het.

Hierdie nuwe generasie impatiens is die resultaat van intensiewe teling en samewerking tussen internasionale saadondernemings wat deur die wêreldwye verskynsel van donsskimmel geraak is.

Die plante is verlede jaar in proewe op verskillende internasionale plekke getoets, onder meer in Ball Straathof se proeftuine in Johannesburg.

Volgens Kathy Varney van Ball Straathof is die “Beacon” by Ball Straathof tussen die vatbare “Super Elfin” en “Imara”-variëteite geplant, ’n ander soort wat weerstandig is teen siektes in Oktober. Teen Januarie het die “Super Elfin”-variëteit donsskimmel gehad en teen die einde van Februarie is dit uitgedun.

Groot aanhang: “Beacon”-impatiens word dikwels vir ’n pragtige indruk geplant.

Die “Imara” het donsskimmelspore op die blare getoon en die onderste blare laat afval, maar het hul blomme behou. Geen spore was op die “Beacon” sigbaar nie, en plante het hul netjiese groei gehandhaaf, wat blykbaar kenmerkend van die meer weerstandige variëteit is. Albei die weerstandbiedende variëteite het in die kouer maande voortgeduur.

Volgens Varney kan die term “hoogs bestendig” gebruik word vir plante wat simptome van siektes kan toon, veral as dit onder die druk van ongunstige weersomstandighede is, maar voortgaan en gedy. Blare kan afval of verkleur, maar plante sal nie vrek nie.

Die “Beacon’’ se kleurreeks word elke jaar vergroot en die huidige kleurreeks bevat helderrooi, salmpienk, wit, violet, oranje en koraal. Plante word 25 tot 30 cm hoog en breed en vorm netjiese heuwels wat van die vroeë somer tot die eerste ryp met blomme bedek is.

’n Massa impatiens waarborg altyd ’n skouspel. Dit is een van die maklikste en goedkoopste maniere om ’n skaduryke hoek, ’n swembadarea of ??rondom ’n tuinhuisie op te helder.

Impatiens vaar ook goed in potte en mandjies met daaglikse natmaak en voeding minstens een keer per maand met ’n vloeibare kunsmis. As die somer droog word, is dit makliker om ’n paar potte aan die gang te hou as om jou oor ’n hele tuin te bekommer.

Impatiens is digte, netjiese plante en pas by alle tuine, formeel en informeel, groot en klein. In formele tuine kan plante as vullers in blombeddings, as netjiese randjies en as fokuspunte in dekoratiewe houers, geplant word.

Nie baie blomme groei onder bome nie, maar impatiens doen dit moeiteloos. Los ’n radius van 40 cm rondom ’n boom en berei die grond so diep en ryk as wat jy kan voor deur die oppervlakboomwortels te verwyder.

Kombineer beddings met die groter Nieu-Guinee-impatiens wat ook bestand is teen donsskimmel. “Divine” het die grootste kleurreeks van al die Nieu-Guinees, insluitend sagte kleure soos laventel, sagte pêrel, sagte pienk asook enkele helderder skakerings wat lipstiffie en orgidee insluit.

Waar daar ’n mengsel van son en skaduwee is, gebruik die “SunPatiens”-hibried vir sonnige dele. Plante in die volson moet in die somer daagliks water kry. As hulle begin verlep weens ’n gebrek aan water, spring hulle weer regop nadat hulle natgemaak is.

Om die beste uit impatiens te kry

  • Alle impatiens vaar die beste in halfskaduwee soos oggendson (met middagskadu) of gefilterde sonlig. Hoe donkerder die bedding, hoe minder blom dit en hoe meer sal dit na die lig groei.
  • Plant in vrugbare, goed gekomposteerde grond wat goed dreineer.
  • Plant 15 tot 20 cm uitmekaar.
  • Maak gereeld nat. Impatiens hou van konstante klam, maar nie nat grond nie. Hoe meer sonskyn die plante kry, hoe meer water benodig dit, en minder in skaduagtige gebied.
  • Voed die plant met ’n vloeibare kunsmis vir blomme en daarna een keer per maand.
Meer oor:  Liesbet  |  Tuinmaakwenke  |  Tuine  |  Impatiens Walleriana  |  Tuinmaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.