Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst

Carl Grobbelaar van die Tankwa-  Karoo skryf: Ernst, ek het twee groot Kaapse waterlelies (Nymphaea nouchali var. caerulea) in my visdam wat al ’n hele paar maande aaneen blom.

Skielik is daar op elke plant een blomknop waarvan die blomstingel verwelk het toe die blomme net begin oopgaan het. Sien aangehegde foto. Die wit donsie op die stingel was ’n donsveertjie van ’n voëltjie.

Daar is ’n oorvloed van waterslakkies in die dammetjie. Is dit moontlik dat hulle die stele kon beskadig het?

Op die foto kan ’n mens ’n slakkie teen die stingel van ’n nuwe blomkop sien sit. Ek het die verwelkte blomstingels oopgesny, maar sien niks skade  of goggas binne-in nie.

Ek sal graag wil hoor wat jou mening is.

Intussen bly kyk ek gereeld vir die slakkies en verwyder hulle van die waterlelies. Ek het drie keer per dag waterslakkies van die nuwe blomstele afgehaal en nou het ek weer pragtige waterlelies wat oopgegaan het!

Dit kan ’n uitheemse akwariumslakkie wees wat saam met die waterplante ingekom het. Hulle is redelik klein, donker met ligte spikkels op die dop. Wanneer hulle versteur word, laat los hulle en sink vinnig weg.

Andersins het ek gesien dat hulle van plant tot plant dryf.

Antwoord:

Carl, dit kon die waterslakkies gewees het wat die blomsteel bygekom en toe die verlepping veroorsaak het. Soos jy vermeld, het die blomme weer na normaal teruggekeer nadat jy gereeld die slakkies verwyder het. Gewoonlik doen die waterslakke minimum skade en spits hulle hul meer toe op algegroei.

Die Kaapse waterlelie is een van drie inheemse waterleliesoorte – beslis die mooiste en wat die meeste gekweek word. Dit kom baie algemeen in ons land voor met altyd die mooi blou blomme.

Die beste manier om waterlelies in ’n dam te vestig is om vrugkoppe van bestuifde blomme in ’n dam te gooi. Die saad versprei vanself. Dit geld ook waterblommetjies. Die vrugte kan net in ’n dam gegooi word. Dit word daar ryp, versprei die fyn saad en as jy weer kyk, het baie kleiner plante gevestig.

Die ander inheemse waterleliesoorte is van die noorde afkomstig. Waterlelie-wortelstokke is ook eetbaar en as veldkos deur mense benut. 

Koos Alberts van Centurion skryf: Ek het ’n vreemde boom langs my grensmuur opgemerk. Die plant (boom) het in my tuin opgekom. Sover kon ek nie vasstel wat dit is nie. Kan jy help? 

Antwoord:

Koos, jou boom heet die Belhambra of die bobbejaandruiweboom (Phytolacca dioica). Dit is ’n baie mooi boom van Suid-Amerika.

Manlike en vroulike bome kom voor en die wyfies dra die swaar vrugdrag met die inkkleurige, vlesige bessies. Dit word deur voëls versprei en is ’n kategorie 3-indringer.

Hugh Glen en Braam van Wyk skryf in hul Guide to Trees Introduced into South Africa (Struik, 2016) koedoes is lief vir die saailinge en roei hulle só uit.

Meer oor:  Vra Vir Ernst
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.