Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Amandelboom se blare verkleur

Heide Murray skryf: 

Ernst, ons was so opgewonde toe ons ’n Peerless-amandelboom in die hande kon kry. 

Dit het mooi gegroei tot nou verlede week, toe die blare begin verkleur het. 

Ons bly in De Aar en het boorgatwater wat brak is. Kan dit dalk die probleem wees?

Ons het jou raad nodig, want ons wil nie graag die boom verloor nie. 

Annemarie Muller
Annemarie Muller se mooi wildekastaiing (Calodendrum capense) .

Antwoord: 

Heide, dit kan die brakwater wees, ook ’n kombinasie van die warm toestande tesame met te veel soute in die water.

Gee dit ’n rukkie varswater en as dit groter word en sy wortels versprei behoort hy meer bestand te wees.

Retha van Zyl skryf:  

Ernst, ons het ontsettend baie bossies op ons grasperk. Ons probeer dit uithaal maar dit lyk vir my onmoontlik! 

Dis breëblaar, fynblaar, onkruid met blomme, iets van alles. Is daar ’n onkruiddoder wat ons kan spuit wat nie ons gras gaan doodmaak nie? 

Antwoord: 

Retha, ja daar is selektiewe onkruiddoders wat jy kan gebruik en dit is baie effektief. Dit sal net die breëblaar-onkruid vrek maak. Dit wys net weer grasperke het baie aandag nodig.

Dit is beter om grasperke te verklein en grondbedekkers aan te plant.

’n Mens kan ook organiese of anorganiese bedekking soos gruisklippies gebruik.

Annemarie Muller skryf: 

Ernst, tydens ’n onlangse besoek aan die Pelgrimsrus-area het ek dié boom opgemerk wat pragtig in volle blom is. 

Ek kan nie die boom identifiseer nie. 

Ek het ook die boom in die Kaspersnek-pas gesien. 

Die pas is vernoem na Paul Kruger se pa waar hy die berg oorgegaan het.

Sou mens die boom in ’n tuin kon plant? Ek verneem graag van jou. 

Antwoord: 

Dankie vir jou mooi foto’s, Annemarie. 

Dit heet die wildekastaiing (Calodendrum capense) en blom nou oral.

As jy deur die Knysna-bosse reis hierdie tyd van die jaar, staan die bome uit.

Dit is maklik om van sy saad te kweek en inderdaad baie gewild in tuine waar ryp nie te kwaai is nie. Dit kom wydverspreid voor vanaf die Suid-Kaapse woude tot verder noord in Afrika en groei ook in die droër Bosveld-dele, maar is geneig om in beskutte klowe te groei.

Dit is ’n mediumgroot tot groot boom, maar in tuine bly dit gewoonlik kleiner. 

Die blare is ellipties en teenoorstaande. 

Die blomme is groot en opvallend van amper wit tot pienk. 

Dit word gevolg deur die kastaiingagtige vrugte met ’n deursnit van 3,5 cm en kenmerkend met vratte oortrek. 

Dudley Rowswell skryf: 

Ek wil graag weet wat die plant is wat in ’n straatgeut afgedryf het en by my kom stil staan het.  

Ek het dit opgetel en oor ’n klip laat groei, maar wil weet wat is sy naam. 

Antwoord: 

Dudley, dit heet die sebra-dwergaalwyntjie (Haworthiopsis attenuata).

Dit is inheems aan die Oos-Kaap en dit is maklik om deur verdeling voort te plant.

Dit is een van die makliker groeiende vetplantsoorte wat goed in houers aard. 

Dit groei op rotsriwwe in volson, maar ook in die gedeeltelike skadu van bosse.

Meer oor:  Vra Vir Ernst
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.