Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Help! My koraalaalwyn is besmet
Maans Rademeyer se aalwyn-ringswam (Uromyces aloes).

Maans Rademeyer skryf: Ernst, ek stuur aan jou foto’s van my koraalaalwyn (Aloe striata) en die kusaalwyn (A. thraskii). Albei plante is met ’n pes besmet wat niemand nog vir my kon identifiseer nie. Ek is dringend op soek na hulp. Ek bedryf ’n kwekery. 

Antwoord: Maans, dit is die aalwyn-ring­swam (Uromyces aloes) wat jou probleem is. Spuit die plante met koperoksichloried, ’n swamdoder, so elke drie maande – hou aan voorkomend spuit. Die nat weer help ook nie baie hiervoor nie.   

Wiesie van der Merwe skryf: My tuin is klein. Die enigste skaduwee vir my bromeliads is ’n ou rooi enkelblom-hibiskusboompie. Dit is pragtig as dit vol blomme is, maar die luise en rooispinnekop los die arme ding nie uit nie. Dit staan half in ’n hoek. Die res van die aftreeoord se hibiskusse wat geen aandag kry nie, floreer. My probleem is dat ek nie met my ou 80-jarige hand meer ’n spuit kan werk nie. Kan ek die insekdoder om die stam gooi? Ek het ’n kamelia wat seker al 20 jaar in ’n meter hoë pot staan. Dit is gesond, maar blom al hoe minder. Uitplant is nie ’n opsie nie. Kan ek iets aan sy saligheid doen?  

Antwoord: Die beste in jou geval is Kohinor, ’n sistemiese middel wat jy by sy wortels voeg. Die plant neem dit dan op en die luise en rooispinmyte vrek! Ek hoop jy kry dit in die hande en jou probleem verminder sodat jy jou mooi hibiskus kan geniet!Wat jou kamelia betref, stel ek voor dat jy óf die plant verpot in nuwe grond óf net kompos en organiese voeding vir die plant toedien. Ná 20 jaar sal die grond redelik uitgeput wees. Só vernuwe jy dit dan. Jy kan ook blaarvoeding toedien. 

Jenneke Fehrsen skryf: Ernst, ek het vyf groot spekbome (1,5 m hoog) oorgeplant in vyf eenderse potte by ons tennisklub om dit mooi te maak rondom die teedrink-area onder ’n koelteboom. Dis sowat ses weke gelede en dit lyk of hulle goed aanpas in die potte. Kan ek dit nou maar terugsnoei sodat almal ewe hoog staan en meer eenders lyk?   

Antwoord: Jenneke, jy kan maar terugsnoei tot sover jy wil. Spekbome verkies volson, maar sal gedeeltelike skadu ook verduur. Hoe meer son, des te beter die groei. Spekbome kom voor in dele waar ryp nie te kwaai is nie en groei dikwels in dominante plate bekend as spekboomveld. Dit groei in droë ruigtes, gewoonlik saam met ander vetplante soos aalwyne, plakkies (Cotyledon, Crassula), vygies (Delosperma) en noorse (Euphorbia). Dit het geen verweer soos dorings of giftigheid nie en maak gebruik van ’n vegetatiewe manier van voortplanting. Takke op die grond sal bewortel en ná beweiding groei hulle net weer. Spekbome varieer geweldig. Hoe verder suid, hoe kleiner die blaartjies tot in die Limpopo-provinsie waar die blare drie tot vier maal die grootte van die suidelike vorms is. Ook in groeiwyse. Party groei regop en kan tot klein boomgrootte groei, ander weer plat op die grond soos ’n grondbedekking. Die klein gevleuelde saad word deur die wind versprei. 

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld  |  Fungus  |  Tuinmaakwenke  |  Tuine  |  Tuinmaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.