Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Hoe raak ek ontslae van dié onkruid?

Heide Murray van De Aar in die Groot-Karoo skryf: Ernst, ek stuur vir jou ’n foto van die amandelboom – kyk net hoe mooi lyk hy nadat hy net reënwater kry. Ons het ook tans ’n probleem met ons gojibessiebome, die blare val af en die res verkleur geelbruin.

Heide Murray se kruipmelkkruid (Chamaesyce inaeqil
Heide Murray se kruipmelkkruid (Chamaesyce inaeqilaterata).

Ons het verlede jaar die heerlikste gojibessies geoes.Kan jy raad gee vir die bome wat blare verloor? Is dit kewers wat dit veroorsaak?Daar is klein gate met vloeistof wat uit die bome kom. Ek stuur ook ’n foto van ’n blou onkruid – ons het die afgelope week so 60 mm reën gehad (te heerlik) en ek sien dit nou orals opkom – tussen die gras en in die beddings. Ek het al probeer om dit met ’n vurk uit te haal. Wat stel jy voor doen ek? 

Antwoord: Heide, ek is baie bly jou amandelboompie het weggespring en so lekker gegroei. Die gojibessie is maar ’n tipe Solanum, naverwant aan ons wolwedoring (Lycium spp.) wat so volop in die Karoo voorkom. Baie soorte het ’n beperkte leeftyd en groei, blom en dra goed vir ’n paar jaar, maar moet dan vernuwe word.

Ek het nie ervaring met gojibessies nie; moontlik kan ’n leser help. Die onkruid heet die kruipmelkkruid (Chamaesyce inaeqilaterata), ’n lastige eenjarige wat nou by julle ná die goeie  reën opkom. Dit sal weer wyk met droogte. Dit behoort tot die noorsfamilie (Euphorbiaceae) met kenmerkende melksap.Afgesien van skoffel kan jy met ’n breëblaar-onkruiddoder die plante beheer.

Felicity van Rensburg skryf: Ernst, my broodbome verloor hul blare en ek weet nie wat om te doen nie. Ek het dit met karba­poeier behandel. Is hulle besig om te vrek? Hulle vorm ’n kop en dan verloor hulle blare.   

Antwoord: Felicity, ek kan sien die plant is ongelukkig. Dit is heel moontlik die stam wat vrot. Kyk eers of jy nie klein tonnels in die blaarbasisse sien nie. Daar is klein snuitkewertjies wat broodbome aanval en die stam deurboor.   Dan begin die boom te vrot en vrek later.Jy kan ’n swamdoder soos Captan in sy kroontjie gooi.

As dit ’n swam is, kan jy so keer dat die boom verder vrot en kan die plant weer ’n stingel groei.Vir die kewertjies kan jy die insekdoder Pyrethrin aanwend. Jy noem nie van waar jy skryf nie, maar ek neem aan dis in die noorde, waar dit baie reën. Broodbome kom meestal op hellings voor waar die dreinering voldoende is.

Dan plant ons hulle in tuine op plat oppervlakke en wanneer dit baie reën, is die dreinering swak. Plante kan ook verrot weens die wortels wat te min suurstof kry. 

Jean du Plessis skryf: Ernst, is dit moontlik om die  sam­pioen­­ in die foto te identifiseer? 

Antwoord: Jean, daar is so baie paddastoele met die vogtige weer. Ek het jou paddastoel geïdentifiseer as die Geastrum sessile, een van 19 paddastoelsoorte wat tot die geslag Geastrum behoort.

Meer oor:  Vra Vir Ernst
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.