SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tuine
Vra vir Ernst: Raad vir besmette lintblommetjie

Sandy Hohls skryf:

Ernst, ek soek graag raad in verband met twee probleme. 

Ek woon op ’n groterige erf in Pretoria-Oos en maak gebruik van munisipale en gryswater in my tuin. Aangeheg is ’n foto van ’n plaaginsek wat my lintblommetjies (Hy­poestes aristata) hierdie jaar feitlik heeltemal uitgeroei het.

Sandy Hohls se besmette lintblommetjie (Hypoestes aristata).

Ek het gespuit met Ripcord en verskeie ander stowwe wat deur kwekerykenners aanbeveel is, selfs sterk seepwater, maar niks het gehelp nie.

Die besmette plante is verwyder en in die asblik gegooi (nie op die komposhoop nie); die insekte het so vinnig versprei dat ander plante ook aangetas is.

My huilbosboom (Peltophorum africanum) groei in volson op die sypaadjie. Gewoonlik is dit oortrek met blomme en loof, maar hierdie jaar was daar net ’n paar takke met blomme en yl blaartjies wat vinnig afgeval het.

Daar is geen sigbare peste nie. Ek het ekstra water gegee, al verneem ek dat Peltophorums droogtebestand is. Al die ander Peltophorums in die omgewing staan vol blare; hierdie een lyk of dit besig is om dood te gaan.

Antwoord:

Sandy, die lintblommetjie is gewoonlik ’n sterk groeier en sal goed in die herfs sy mooi blomme wys. 

Vir lesers wat die plant nie ken nie: Dit is ’n meerjarige veelstammige struikie wat so tot 60 cm hoog met die mooi lintvormige blommetjies in die herfs groei en wat die plant dan baie opvallend maak (familie Acanthaceae).

Dit groei aan die rand van inheemse woude in die oostelike dele van ons land.

Dit is egter die eerste keer dat ek van probleme met dié soort hoor. Jou foto toon baie duidelik ’n soort wasluis.

Elke plant is onderhewig aan inheemse plae.

Baie van die plae is ook gasheerspesifiek en moontlik is dit ’n nuwe plaag wat sy kop begin uitsteek. Maar vir elke plaag is daar ook natuurlike beheer.

Soms gebeur dit dat dit net tydelik is. So, dit kan wees dat die plant hierdie seisoen normaliseer. Dit help nie om op die plant te spuit nie, want die waslagie beskerm die luise en die gif kan nie vatplek kry nie.

Daar is egter hoop. Jy moet jou plant met Kohinor behandel. Maak die plant hiermee nat sodat hy dit met sy wortels kan inneem en die plaag dus van binne bestry.

Hierdie middel is baie doeltreffend en hou die plant vir ’n jaar skoon. Ek sal dit doen as die plant eerskomende lente begin uitloop.

Wat jou huilbos betref, is daar duidelik ’n fout. Ek twyfel of dit droogte kan wees. Omdat dit nog jonk is, kan jy dit met ’n sistemiese swamdoder spuit, en as die swam nie die jong boom al vernietig het nie, behoort hy weer reg te kom.

Daar is soveel nuwe swamplae wat kop begin uitsteek. 

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.