Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Suurlemoene val af

Anita Lombard van Bloemfontein skryf: Ernst, een of ander kewer is besig om ’n deel van my suurlemoenboom se blare te verwoes.  

Ons het vanoggend met Ludwig se Insect Spray gespuit. Dit was moeilik, want daar sit trosse van hulle op die blare in hoë takke. Kan dit my boom doodmaak? 

Antwoord: Anita, hoewel hulle nie die boom sal doodmaak nie, verswak hulle die plant. Dit klink na Fuller se rooskewer (Pantomorus cervinus). Die plaag kom van Suid-Amerika af en val die blare aan. Jy kan hiervoor met ’n kontakinsekdoder soos karba spuit. 

Jy kan ook taai polibutaanstroke om sy stam plaas. 

Daar is nog ’n klein kewer, die Antestiakewer (Antestiopsis thunbergii), wat soms die vrug aanval. 

Corrie Koch skryf: Ernst, my seun in Centurion het hierdie boom waarvan letterlik een tak, of gedeelte, se blare opkrul.  

Dit gaan nie dood en word bruin nie, maar bly net opkrul. Die boompie het nog baie min gedra. Kan jy sê wat die oorsaak kan wees?  

Antwoord: Corrie jou peerboom se simptome klink soos die peerbladroller (Epichoristodes acerbella), ’n inheemse ruspe wat die blare só rol om homself te beskerm.  

Die plaag het ook inheemse parasiete wat hom aanval. As jy lank genoeg wag sal die natuurlike vyande hom uiteindelik weer in toom hou. Andersins kan jy ’n kontakinsekdoder op die blare spuit. 

Pere (Pyrus communis) kom van Europa tot westelike China voor en word vandag wêreldwyd bemark. Dit behoort tot die roosfamilie (Rosaceae), waartoe die meeste van ons vrugte soos appels, perskes en appelkose behoort.

Jackie Bosch skryf: Ek het ’n suurlemoenboom wat nie gesond lyk nie en wat sy vrugte afgooi. Ek het gewonder of jy my kan help om sy probleem vas te stel en op te los? 

suurlemoenboom
Jackie Bosch se suurlemoenboom (Citrus limon) wat sy vrugte afgooi.

Antwoord: Jackie daar is drie faktore wat ’n rol kan speel by bome wat hul vrugte afgooi. 

Die eerste is te veel snoei en dus te veel van sy groen blare verwyder. Die blare is die fabriek waar die koolstofbindings plaasvind en noodsaaklik vir gesonde vrugvorming. 

Die tweede faktor is wanneer die boom so erg met plae besmet is dat dit dieselfde effek het as wat hy te min blare het. Die gekrulde en verlepte blare by jou dui moontlik op ’n insekplaag. 

Jy kan dit regstel deur die plae te bestuur deur ’n spuitprogram. 

Die derde faktor kan groot temperatuurskommelinge wees. 

Skielike baie warm toestande kan ook die boom sy vrugte laat afval. Jy het nie gesê waar jou tuin geleë is nie; dit maak dit makliker as ek weet. 

Gee jou suurlemoenboom 3:1:5- korrelbemesting. Volwasse bome moet 2 kg in die winter, somer en herfs kry. Belangrik om die korrels egalig onder sy kroondak te versprei sodat dit nie teen die stam ophoop en die plant brand nie. Baie belangrik is magnesium en om dit aan te vul, kan jy Engelse sout toedien (magnesiumsulfaat) – sowat 75 gram wat jy in ’n emmer water oplos en dan onder sy kroondak gooi. 

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld  |  Tuin  |  Vrae  |  Boom  |  Suurlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.