Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Wat is die swam in die stam?

Lelanie Van Zyl skryf:

Ernst, op besoek aan vriende se huis op die oewer van die Vaalrivier in Lindequesdrift het dit dikwels en baie gereën. Dit was blykbaar een te veel vir een van die ou wilgerbome en Kersaand het die ou grote omgeval.

Vra vir Ernst
Wat is die swam in die stam?

Tydens die opsaag en verwydering van die boom het ek die volgende interessante verskynsel opgemerk: ’n Stuk stomp het hol voorgekom en by nadere ondersoek was daar iets in die holte. Dit was ’n rubberagtige, liggeel massa (nie duidelik op die foto nie), soos ’n bal wat middeldeur gesny is, wat die holte aan die een kant vol gelê het.

Die holte het gelyk of dit uitgevoer is met ’n dun rubberlagie. Sal jy asseblief vir my kan sê wat dit is? Ek het intussen opgemerk, toe ’n dooie tak by ’n ander wilgerboom afgesaag is, dat dit ook so ’n perfekte holte in het. Ek was ongelukkig te laat om te kyk of dit ook ’n vreemde massa bevat. Wat is die swam en hoe kan ’n mens dit behandel en voorkom? 

Antwoord: Lelanie, dis beslis ’n tipe swam wat die boom laat vrek het. Dis heel moontlik die heuningswam (Armilaria). Die swam het ’n heuningreuk. Die rubberagtige massa wat jy gesien het, is die swam se liggaam. Sy vrugliggaam (paddastoele) is gelerig.

Die boombas het ook soms ’n heuninggeur. Daar is soveel swamsoorte en party vernietig bome. Hulle is gewoonlik moeilik om te beheer, veral by so ’n groot boom en teen die tyd dat die boom omval, is dit reeds te laat. 

Johan Smit van Jeffreysbaai skryf: Ek het ’n foto van ’n boom met helder pienk blomme in die Addo-olifantpark afgeneem. Kan jy dalk help om die boom te identifiseer?  

Antwoord: Johan, jou boom heet die karooboerboon (Schotia afra var. afra). Braam van Wyk, boomkundige van Tukkies, stem saam met my. Die blomme varieer van helderrooi tot pienk. Dit is egter skaars om die boom met pienk blomme te sien. 

Ria Venter skryf: Ernst ek het so ’n tydjie gelede jou raad ingewin oor geskikte bome wat ons by my seun se plaas in Mookgo­pong kan plant. Dankie, dit het baie gehelp. Ek kweek ook nou self. Nou het ek hulp nodig ten opsigte van twee bome waarvan ek nie seker is oor die name nie. 

Antwoord: Ria, ek is bly julle kweek nou self. Dankie dat jy hierdie deel. Die eerste heet die vals-wag-’n-bietjie (Ziziphus rivularis) en is ’n doringlose maar mooi immergroen boom. Die tweede heet die peperbasboom (Warburgia salutaris). Laasgenoemde is ’n baie handige boom. Sy blare het ’n peperagtige brandgeur en ek gebruik dit soms in potjiekos. Dit kom oorspronklik van Mpumalanga en Limpopo. Die boom is baie skaars in die natuur weens die bas wat vir medisyne gestroop word. Dit sorg vir ’n mooi immergroen tuinboom

Meer oor:  Vra Vir Ernst
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.