Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Wat is die vergroeisel op die vetplant?

Johan Basson skryf:

Ernst, my Ginseng Ficus verloor vinnig blare en het ’n bietjie skimmel op sy hoofstam. Kan jy dalk help? 

Antwoord: Johan, die plant se handelsnaam heet Ginseng Ficus. Sy regte naam is eintlik Ficus Retusa en dis laasgenoemde wat op die verdikte wortels van ’n ander wildevy-soort ingeënt word. As dit blare begin verloor, kan dit een van ’n paar dinge wees – lig, water, voeding of temperatuur. Moontlik kry jou plant nie genoeg lig nie en dan kwyn dit gou en skop blare af. Dit sal dieselfde doen as dit te min water kry. 

Dit is ’n tropiese plant en daarom moet jy dit gereeld natlei. Hulle kort baie water en tropiese toestande. Die meeste plante is baie sensitief vir verandering. As jy dit skielik in volson plaas sonder geleidelike afharding, brand hy vinnig dood. Verplant dit en gee dit gereeld Seagro- organiese plantkos, genoeg water en lig, en dit sal vinnig herstel. Die skimmel op die stam sal nie skade doen nie. Dis oppervlakkig en lyk nie asof dit die plant binnegedring het nie. 

Jacqueline Lubbe se Kleinia petraeaI
Jacqueline Lubbe se Kleinia petraeaI.

Jacqueline Lubbe skryf: Ernst, help asseblief met raad oor die vergroeisel wat op my een vetplant verskyn het. Moet ek bekommerd wees? 

 Antwoord: Jacqueline, jou vetplant heet Kleinia petraea en kom oorspronklik van Kenia en Tanzanië in Oos-Afrika. Die plant is ’n gewilde vetplant en word ook soms as grondbedekker gebruik, maar is ook populêr in hangmandjies, ensovoorts. Dit dra enkel oranjegeel as­terblommetjies wat baie mooi  is en is deel van die asterfamilie (Asteraceae­). 

Daar is heelwat inheemse soorte (K. fulgens, K. stapeliiformis, K. galpinii, ensovoorts.) Jou soort rank gewoonlik oor rotsbanke (petraea beteken “van rotsagtige plekke”) in sy habitat. Die eienaardige groeisels in dié geval is heel moontlik deur ’n myt veroorsaak. Ons noem dit heksebesem  en sien dit dikwels op proteas en aalwynblomme (dit word aalwynkanker­ genoem­). 

Die klein myte (van die spinnekopfamilie) suig die sap uit die plante en manipuleer die groei met ’n hormoon wat hul monddele afskei om hulself te bevoordeel. Dit is maklik om met Kohinor te behandel. Gooi jou plant daarmee nat, hy neem dit deur sy wortels op en dit behoort weer te verdwyn soos die myte doodgaan.   

Toy Dannhauser van Thornhill Estate­ skryf: Ernst, kan jy dalk help om dié blom te identifiseer? Ons tuindienste het dit uitgehaal en ek wil dit graag vervang. Dit groei uit ’n bolletjie.  Antwoord: Toy, dit heet die Betlehemster (Ornithogalum umbellatum) wat uit Suid-Europa afkomstig is. Dit is dus ’n bolplantjie met lynvormige blare en mooi blommetjies. Dit behoort tot die hiasint­familie (Hyacinthaceae).

Meer oor:  Vra Vir Ernst
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.