Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst
Vra vir Ernst: Wat is fout met my broodboom se blare?

Cecilia Kruger van Pretoria-Oos skryf:

Ernst, ek het ’n hele tuintjie vol verskillende broodbome. Een van hulle se blare word al hoe bruiner. Help, asseblief.

Antwoord: 

Cecilia, dit is nie altyd maklik om die fout te identifiseer nie, maar ek vermoed dit gaan nuwe blare vorm.

Dan onttrek die plant die voedingstowwe uit die ouer blare en só verbruin hulle dikwels.

Gelukkig is dit net vir ’n tydjie; totdat die nuwe blare weer verskyn. Laat weet of dit so was, want daar is ook swamsiekte wat kan uitslaan met soortgelyke simptome.
broodboom
Celia Kruger se broodboom.

Willie Schreuder van Graaff-Reinet skryf:

Ernst, ek woon sowat 30 km buite Graaff-Reinet, in Aberdeen se rigting, en het ’n granaatboord aangeplant.

Watter bome kan ek as windbreek aanplant? Ons het daagliks wind.

Watter hoogte bereik dit? Die enigste probleem met die granaatbome is dat die koedoes hulle gaan afvreet. Ek sal maar eers ’n hoë heining moet opsit.

Dankie vir jou hulp. Mooi dag verder.

Antwoord: 

Willie, daar is verskeie bome waaraan jy kan dink om aan te plant.

Ek sal iets inheems voorstel wat ook rypbestand is.

Ek neem aan dat jy besproeiing het. Jy soek iets wat taamlik dig groei.

Bome wat te vinnig groei, het weer ’n korter leeftyd. Ek stel die witkaree (Searsia pendulina) voor. Dit vestig maklik van paalsteggies en as jy iemand ken met ’n volwasse boom, kan jy stamsteggies sny. Jy plant net ’n paal in elke gat, hou nat en hulle groei maklik en vinnig en vorm ’n digte boskasie en sal die ding doen.

Dit is ook aangepas vir ’n dor klimaat, maar dit is belangrik om hulle eers goed te vestig.

Jy kan ook die boompies by verskeie kwekerye aankoop. Hulle groei regop met ’n hangende kruin, amper soos ’n wilger, en word tot sowat 10 m hoog.

Jy kan ook aan jul plaaslike soetdoring (Acacia karroo) dink. Dit is ook dig groeiend en die boom het boonop stikstofbindende knoppies aan sy wortels. Dit is ook vinnig groeiend en met besproeiing kan dit tot 20 m hoog groei!
En dit is ook goeie koedoekos.

Wat uitheemse soorte betref, word die perdestertboom (Casuarina cunninghamiana) dikwels as windbreek aangeplant.

Tilana du Preez skryf: 

Ernst, ek is die Broodboom-vereniging se verteenwoordiger in Gauteng.

Die Voortrekkermonument het ons toestemming gegee om ’n botaniese tuin daar te begin, maar dit is duidelik gestel dat hulle glad nie met geld kan help nie – die Covid-19-pandemie het hulle letterlik op hul knieë.

Ek dink dit kan ’n goeie uitruiling van plante teweegbring (’n man het die ander dag baie dolomiebroodboom (Encephartos dolomiticus)-saailinge vir ons aangebied.

Antwoord:

Dit is wonderlike werk wat julle doen, Tilana, en as daar van die lesers is wat plante of geld wil skenk vir die botaniese tuin wat om die Voortrekkermonument aangeplant word, sal dit gaaf wees.

As kind het my pa ons dikwels na die tuine gevat en ek kan onthou hoe ek die paadjie en vetplante geniet het.

Ernst van Jaarsveld

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld  |  Broodboom  |  Verkleur  |  Blare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.