Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Watter boom is dit?

Anna Maree skryf:

Ernst, die plant op die foto groei op ons erf. Wat is die plant se naam?

Antwoord:

Anna, dit is ’n tipe garingboom (Agave sp.) van Noord-Amerika.

garingboom
Anna Maree se garingboom (Agave sp.) met sy reusagtige bloeiwyse .

Dit is vetplante wat na ons aalwyne lyk. Tewens, hulle behoort ook aan die eensaadlobbiges.

Agave is ’n baie groot geslagspesie en beperk tot Noord- en Suid-Amerika. Anders as ons aalwyne groei sy rosette vir jare en dan, skielik, op ’n dag, begin daar ’n wonderwerk gebeur.

Die plant plaas al sy energie in ’n enkele blom wat vir meters hemelwaarts groei. Hy doen dit om hom meer sigbaar vir bestuiwers soos voëls, vlermuise of motte te maak, afhangende van die vorm en blomkleur. Ná bevrugting, verskyn die saadknoppe, die kapsules word ryp en stel dan die saad vry. Daarna vrek die plant.

Gelukkig maak hy kleintjies plantjies aan die rosette se rand,wat weer kan groei. Soms het dit nie kleintjies nie en dan vrek die plant net.

Jop en Elize du Plessis van Eldo­raigne, Centurion, skryf:

Ernst, ons wil graag ’n nie-bladwisselendebladhoudende boom op ons sypaadjie plant vir privaatheid op ons voordeur.

Dit hoef nie ’n boom met groot takke te wees nie, net solank dit ’n mooi “sambreel”-vorm op ooghoogte sal maak. Wat sal jy voorstel?

Antwoord:

Ernst van Jaarsveld
Ernst van Jaarsveld

Jop en Elize, ek stel die brosblaar (Galpinia transvaalica) voor, ’n inheemse immergroen boom met ’n mooi stam.

Dit kom van Mpumalanga en die Limpopo-provinsie en ek het al talle mooi voorbeelde gesien wat goed in die Pretoria-omgewing aard.Die bome wat ek destyds in my pa se tuin in Lynnwood geplant het, floreer.

Dit het ’n mooipragtige, spreidende immergroen “sambreel” as blarekroon. Ander keuses sluit in die witpeer (Apodytes dimidiata) en kassuur (Pittosporum viridiflorum).

Jy kan ook aan’n doringboom dinksoos die lekkerruikpeul (Acacia nilotica) en gewonde haakdoring (Acacia caffra) oorweeg.

Johan Diedericks skryf:

Ernst, lourierblare word gebruik as kruie en geurmiddels in kos. Van watter boom word lourierblare geoes?

Antwoord:

Johan, die lourierboom se botaniese naam is Laurus nobilis (Lauraceae is die stinkhout-familie). Dit kom uit die suide van Europa en die antieke Grieke en Romeine het dit as ’n belangrike boom geag.Die swartstinkhout behoort ook aan dié familie.

Die lourierbome word oral aangeplant in ons land, veral in tuine. Dit is regopgroeiend, immergroen en jy kan by iemand ’n syloot uitgrou en vir jou plant. Nou is ’n goeie tyd daarvoor.

Dit skiet redelik vinnig wortel en voor jy weet, het jy ’n volwasse plant. Jy kan sy blare in kosgeregte of as ’n geurmiddel gebruik. Dit is ’n wonderlike spesery – en sonder speserye sou ons kos maar saaivervelig gewees het.

500 jaar gelede was Europese kos so saai, dat hulle ten duurste skepe na die Ooste gestuur het om speserye aan te koopen hul kos op te kikker. Waar dink jy kom die uitdrukking “peperduur’’ vandaan? Die speserye was egter net vir die rykes beskore.

Die gebrek aan speserye elders het die VOC in Nederland genoop om ’n verversingspos aan die suidpunt van Afrika te vestig weens skeurbuik, en die res is geskiedenis.

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld  |  Tuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.