Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Watter organisme skaad my blompeer?

Jan Pretorius skryf:

Ernst, my drolpeer of blompeer (Dombeya rotundifolia) groei ’n barshou, ten spyte van die winter se koue en ryp. Ek het hom een jaar gelede geplant. Dit het onmiddellik begin groei en die boom gedy.
Onlangs het ek onooglike harde knoppies, wat lyk asof dit binne-in die blaar is, opgemerk.

Aan sommige takke is die blare erg aangetas en dit laat die blare “verskrompel”.

’n Beampte by ’n groot kwekery het gesê dis ’n tipe luis en ek moet Aphicide Plus toedien as sistemiese behandeling.
Ek sal graag wil weet watter luis of organisme dit is en of Aphicide die korrekte middel sal wees?

Dan, my madeliefies is “erfgoed”. ’n Oom van my wat naby Nelspruit geboer het, het die oorspronklike plante aan my moeder gegee en ek het weer by haar my plantjies gekry.

blompeer
Die pragtige blomme van die blompeer (Dombeya rotundifolia).
Die oom het elke winter koerante op die madeliefies geplaas en dan aan die brand gesteek.
Sy redenasie was dat die plante elke seisoen aan veldbrande onderwerp word en dan weer pragtig uitloop in die lente.
Ek was so vies vir die meeldou wat my blomme vanjaar opgedoen het, dat ek dit ook oorweeg het!

Omdat die Barberton-madeliefies so swaar belaai was met die meeldou, het ek al die blare afgesny en die plante daarna bespuit met Tenazole.

Ek het al die plante in Januarie uitgehaal, kompos ingewerk en weer geplant.

Dit het baie welig gegroei en aanhoudend pragtig geblom. Toe kom ek agter dat party van die blare verskrompeld en siek voorkom. By nadere ondersoek vind ek eienaardige, amorfiese wit materiaal wat heeltemal vasgeheg het aan die blare se agterkante.

Eers het ek gedink dis wolluise omdat die wit materiaal ’n amper fluweelagtige voorkoms het. Dit kan egter nie afgevryf word nie en daar is geen individuele luise nie.
Oleumbespuiting het niks vermag nie. Dieselfde kwekery-beampte was oortuig dis wolluise, maar ek weet darem nie.
Aphicide is weer aanbeveel. Ek verneem graag jou mening oor die twee kwessies.

Antwoord:

Dankie, Jan, ek is bly jou blompeer groei so mooi. Dit was winter, die boomblare lyk dié tyd nie baie goed nie. Die plant sal buitendien nou in die lente nuwe blare uitstoot.

Soms is dit klein wespes wat die blare parasiteer en die knoppies veroorsaak, maar gelukkig beïnvloed dit nie die res van die boom nie.
Dit lyk maar net ’n bietjie onooglik. Dit kom ook gereeld by koraalbome voor en soms by kiepersolle.

Persoonlik sou ek dit nie spuit nie omdat daar so baie natuurlike vyande van die plae is en ’n mens net geduldig moet wees. Jy kan die voorgestelde middels gebruik; dit behoort te help.

Jou oom is reg, madeliefies brand jaarliks af in die veld en dit stimuleer weer nuwe groei.
Jou Baberton-madeliefies is onderhewing aan roes of meeldou wat die wit op die blare veroorsaak.
Dit is ’n bekende swam wat jy met ’n sistemiese swamdoder kan behandel.

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.