Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Watter paddastoel is dit?

Jan Boeyens skryf: 

Ernst, kan jy help om die “sam­pioene” op die foto te identifiseer? 

Ons het dit onlangs teen ’n boomstam en tussen die gras op ’n sypaadjie langs een van Garsfontein se strate in Pretoria opgemerk.

paddastoel
Die wieletjie-paddastoel.

Antwoord: 

Jan, volgens een van my boekbronne lyk dit na die wieletjie-paddastoel (Leucocoprinus brebissonii). 

Dit is die resultaat van die baie reën wat julle so mildelik ervaar het. 

Hulle is nie eetbaar nie.

Marietjie van Schalkwyk skryf: 

Ernst, ons het ’n bougainvillea in ’n pot aan die noordekant van die huis geplant. 

Dit was in die kwekery gemerk as ’n plant wat glo heldergeel blomme sou dra, maar ná twee jaar is die blomme steeds net ’n vaal, uitgewaste, lig-oranje kleur. 

Is daar iets op die mark wat ons kan kry om die blomme se kleur te verbeter? 

Daar is by die aanplanting kompos en beenmeel by die potgrond ingewerk en die plant kry gereeld Nutrifeed en Bounce Back.

Antwoord: 

Marietjie, dit is net krismisrose waarvan ek weet wat ’n mens die kleur kan verander, afhangend die suurgehalte. 

Bougainvilleas werk anders. 

Jy kan altyd voeding gee wat groei sal verbeter, maar ek twyfel of dit sy kleur sal beïnvloed. 

Jou plant is nog jonk en sy blomvermoë behoort te verbeter soos hy verouder. 

Jy kan 3:1:5-kunsmis en net gewone komposbemesting as deklaag aanwend.

Louisa Holtzkampf van George skryf: 

Ek wil graag die Trots van De Kaap (Bauhinia galpinii) aankoop. 

Dit blom so pragtig langs die pad van die Paarl na die Kaap, maar dit is nêrens verkrygbaar nie. Ek was by omtrent al die kwekerye, maar vergeefs! 

Ek wil graag ’n paar plante hier aanplant. 

Dit is ook glad nie hier in George beskikbaar nie. Is daar enige rede?

Antwoord: 

Louisa, dit is een van ons mooiste inheemse rankstruike met sy mooi, oranjekleurige blomme. 

Hoewel dit van die Laeveld kom, groei dit baie goed in die Wes-Kaap en soos jy tereg op wys, veral in die middelmannetjie van die N1 tussen die Paarl en Kaapstad. 

Jy kan daarvan opspoor by Nonke Plante in Stellenbosch. 

Die meeste kwekerye verkoop gewoonlik van die plante, maar weens Covid-19 het tuiniers baie plante opgekoop en só die siertuinboubedryf gehelp. 

Jy behoort van die plante plaaslik in die hande te kry. 

As een van ons lesers Louisa kan help, sal ek bly wees. 

Die rede dat munisipaliteite dié veelstammige struike op snelweë aanplant, is vir twee redes. 

Hulle absorbeer skok ten tyde van ongelukke (as dit byvoorbeeld ’n enkelstamboom was, sou ongelukke dikwels dodelik wees). Die plante stop motors geleidelik. 

Die tweede rede is vir versiering en dit lyk baie mooi wanneer die hoofweë met mooi struike versier word. 

Die Bauhinia galpinii kom volop voor in die Laeveld. Met sy oranjerooi blomme is dit ’n verfraaiing van enige tuin. 

Ek het dit ook in my eie tuin aangeplant. 

Dit is maklik om in toom te hou deur snoeiwerk en kweek maklik van saad.

Meer oor:  Ernst Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.