Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Vra vir Ernst: Watter plant is dit?

Hentie Viljoen van Kimberley skryf:

Ernst, ek wil graag hoor of jy vir my raad het met kweek in bestaande blombeddings en hoe ek dit kan uitroei. Ons doen dit meganies, maar ons wen nie die stryd nie. Nie eens amper nie! 

Antwoord: 

Hentie, kweek is maar moeilik; met die hand moet ’n mens dit voortdurend doen. Daar is ook selektiewe onkruiddoders wat jy kan gebruik wat net grasse sal doodmaak en nie jou tweesaadlobbige blomplante nie. Vra gerus by jou naaste tuinwinkel. 

manatokaboom
Johan Lloyd se manatokaboom (Myoporum insulare) wat in die Wes-Kaap langs die see vervuil het.

Johan Lloyd van Stilfontein in Noordwes skryf: 

Ernst, hierdie struik/boom groei in my tuin en ek wil weet of jy my dalk kan help om dit te identifiseer. Sy hoogte is sowat 2 tot 3 m. 

Antwoord: 

Johan, jou boom heet manatoka (Myoporum insulare) uit Australië. Dit word veral in die Wes-Kaap langs die see aangeplant. Ongelukkig het die boom nou ’n houvas op ons land gekry en is besig om hier aan die seefrontgedeeltes te vervuil. Daarom word dit vandag as indringer verklaar. 

Retha Du Plessis skryf: 

Ek lees elke Saterdag die koerant waar mense raad vra. Die stamme van my bome word die laaste jaar so kaal aan die onderkant. Dit is ’n groot bekommernis, want ek vertroetel dit vir die afgelope 11 jaar. 

Antwoord: 

Retha, jou bome lyk gesond. Daar is ’n tipe sipresluis wat soms sipressoorte aanval, maar dan veroorsaak dit taksterftes, met sulke bruin dele.  

Jou bome lyk op die oog af nog gesond. Soos bome groter word, sal van die onderste takke noodwendig ook begin terugvrek. Veral dele wat minder lig kry, ensovoorts. Waaroor jy jou later moet bekommer, is die stompkopboorder wat bome laat vrek. Maar kom ons hoop dat sipresse hierteen bestand is.  

Paul Duvenage skryf:  

Ernst, kan jy dié twee vrugte identifiseer? Is die een dalk ’n wilde tamatie?

Antwoord: 

Paul, jou struik heet die pynappelkoejawel (Acca sellowiana) vanuit Brasilië en Uruguay. Dit is lekker om te eet en kan as heining ingespan word. Jou ander plant heet die boomtamatie (Solanum betaceum) vanaf Colombia en Bolivië en jy is dus reg met jou benaming, en dit is ook lekker en eetbaar.  

Paul Duvenage het ook ’n foto van ’n baie mooi aasblom ingestuur. Hy wil weet wat dit is.

Paul, die plant heet Orbea variegata en is inheems in die Wes-Kaapse kusgedeelte. Tewens, dit is die eerste vetplant wat op eie bodem geïllustreer is nog voordat Van Riebeeck hier geland het. 

Johan van Jaarsveld het ’n foto van ’n plant ingestuur en wil weet wat dit heet. 

Johan, jou plant is ’n gifappeltjie (Solanum tomentosum). Die plant is redelik wydverspreid en soos die naam vermeld, giftig. 

Dit behoort aan die tamatiefamilie (Solanaceae) en ek loop die gifappeltjie gereeld in die veld raak.

Meer oor:  Vra Vir Ernst  |  Tuine  |  Ernst Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.