Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuine
Winter kan só bekoor

Tuine is nie net mooi in die lente en somer nie. Hier is twee tuine wat jy gerus in die winter ook kan besoek.

Een van ’n groot verskeidenheid sampioenspesies wat jy in die Tuinroete Botaniese Tuin kan gaan soek. Foto: Lezelle Frank

Mauritzfontein, Noord-Kaap

Mauritzfontein is die Oppenheimers se perdeteelplaas in Kimberley. Harry en Bridget Oppenheimer het die plaas in 1945 gekoop toe De Beers se hoofkantoor hier was.

Die tuin is veral bekend vir sy bome, baie vyf tot ses dekades oud, wat sowat agt hektaar beslaan en ’n groen oase in die stowwerige Kimberley skep. Die landskapsargitek Arthur Mennigke vertel die vygies en ou kameeldoringbome (Vachellia erioloba) in die tuin is iets om te aanskou dié tyd van die jaar. Die vygies blom helder en die bome se kaal takke staan in sterk kontras teen die winterblou lug van die Nama-Karoo. Die aalwyne lok vele suikerbekkies, rooioogtiptolle en muisvoëls na die tuin. Die plakkies lewer ook kleurvolle, klokvormige trosse blomme dwarsdeur die tuin.

Die Mauritzfontein-tuin het vier landskappe – groen-, vetplant-, bos- en organiese groentetuin. Die tuin kan net volgens afspraak besoek word.

Tuinroete Botaniese Tuin, Wes-Kaap

MauritzfonteinFoto: Connal Oosterbroek

Hierdie tuin lê aan die voet van die Outeniekwaberge in George en spog met ’n ongelooflike plantdiversiteit, ’n groot verskeidenheid insekte en voëls en meer paddaspesies in die vleiland as wat daar in die hele Brittanje is.

Die Mushroom Meander-staproete, wat kronkel deur 19 hektaar van gerehabiliteerde inheemse woud, neem jou op soek na kleurvolle, interessante sampioene op die woudvloer en bome.

Cyptotrama chrysopelea, algemeen bekend as gouemunt-koppies, is byvoorbeeld piepklein, helder, geelgoue stam-sampioene waarvoor jy op die uitkyk kan wees. Op die boomstamme sal jy weer Schizophyllum commune, ’n sampioen wat die golwe van korale of Chinese waaiers naboots, raaksien. Dis ongelooflik mooi en as jy dink dis moeilik om in die menswêreld ’n maat te vind, wees bly jy is nie hierdie sampioen nie. Hierdie fungus kan een van meer as 28 000 geslagte wees.

  • Besoek die tuin by Caledonstraat 49, Campher’s Drift, George.

www.botanicalgarden.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.