Frik du Preez is relatief laat in sy loopbaan – in 1961 op 25-jarige ouderdom – die eerste keer vir die Springbokspan gekies.
Oor die volgende jaar het hy 38 toetse gespeel (en 49 ander wedstryde in ’n Boktrui).
Ofskoon hy nie uitsonderlik groot was nie, was hy ’n uitstekende lynstaanspringer en boonop baie vinnig en balvaardig. Hy kon, in die woorde van sy spanmaat Mof Myburgh, “drop, place en score”.
In 2000 is Du Preez as Suid-Afrika se rugbyspeler van die eeu aangewys.