Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leefstyl
Heilsame patatpot en ’n groenteslaai

Groente is, volgens twee kwarantynkokke, ’n moet op die spyskaart in die inperkingstyd.

“Patats is gesond en kosidees legio. Sop, quiche, pannekoek, muffins, patat- koekies . . .” noem Marce Kriek van Roodepoort die moontlikhede op.

Kriek het besluit om haar gunsteling-patat-resep in te skryf vir Beeld se kookboek-kompetisie.

Chané Willemse van Pretoria wys haar geroosterde herfs-groenteslaai.

“Ons is gelukkig om patats uit ons tuin te kan geniet,” vertel sy.

Sy noem haar inskrywing ’n “veelsydige patatpot” en met bestanddele soos gemmer, heuning en lemoensap klink dit na ’n feesmaal.

Nog ’n resep wat in die bykos-kategorie ingeskryf is, is Chané Willemse van Pretoria se groenteslaai.

“Die lockdown het my baie tyd gegee om te eksperimenteer.

“Ek is mal oor kosmaak en hierdie resep is beslis ’n wenner,” sê Willemse.

Sy noem haar inkrywing ’n “geroosterde herfsgroenteslaai”.

Bestanddele soos oranje patats, beet en ’n geel ui boots die kleure van herfs na.

Willemse en Kriek staan die kans om hul resepte en gesigte in Beeld se kookboek, Komkommertyd, te sien en ook ’n kontantprys te wen.

As jy dieselfde geleentheid wil skep, stuur jou grendeltyd-wenresepte na kompetisie@beeld.com.

Heg ’n foto, van minstens 1 MG, van jouself agter die kospotte aan en vertel die stories en staaltjies wat jou resep spesiaal maak.

Inskrywings sluit op 31 Julie en daar is tien verskillende kategorieë.

Jy kan tot drie resepte per kategorie instuur. Die kategorieë is vegetariese disse, bykosse, nagereg of drankies, vis, wildsvleis, hoender, vleis, braai, gebak en ligte etes.

Lees die bepalings en voorwaardes op Beeld se Facebook-blad.

Meer oor:  Spyskaart  |  Komkommertyd  |  Kookboek  |  Groente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.