Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politieke Partye
Fritz nuwe Wes-Kaapse DA-leier

REGSTELLING:

In die onderstaande berig is daar aanvanklik gemeld Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ‘n meestersgraad in sosiale wetenskap sowel as ‘n LLB-graad. Hy het egter 'n honneursgraad in sosiale wetenskap en 'n LLB-graad. Netwerk24 vra om verskoning vir die fout wat intussen reggestel is. 


Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, is tot DA-leier in die Wes-Kaap verkies.

Fritz is in April as waarnemende DA-leier in die provinsie aangewys.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams, Son

Dit het gekom nadat Bonginkosi Madikizela as provinsiale DA-leier sowel as Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke bedank het ná beweringe dat hy oor sy kwalifikasies gejok het.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het kort voor Madikizela se bedanking besluit om hom vir 14 dae uit sy amp as LUR te skop.

Dr. Ivan Meyer, die DA se federale voorsitter, het Fritz Vrydag op Twitter gelukgewens met sy verkiesing as provinsiale DA-leier.

“Geluk aan ons nuutverkose Wes-Kaapse provinsiale leier @AlbertFritz. ’n Man met ’n duidelike visie en maatskaplike deernis vir die armes en kwesbares in ons gemeenskap…”

Fritz, wat die onderleier van die DA in die Wes-Kaap was, het ’n honneursgraad in sosiale wetenskap sowel as ’n LLB-graad.

Ná Madikizela se bedanking het die DA aangedui dat hy ’n volle oudit van die CV’s van alle parlementslede, lede van die provinsiale wetgewers en voornemende kandidate vir vanjaar se munisipale verkiesing gaan doen.

Dit was nadat nóg DA-lede by die skandaal oor hul kwalifikasies betrek is.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Wes-Kaap  |  Da  |  Nuut  |  Leier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.