Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Plaaslike Verkiesing
OVK ‘bestudeer verslag’ oor uitstel van kiesdag
Oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke

Die Verkiesingskommissie (OVK) sê hy sal eers in die volgende dae die verslag van oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke bestudeer en die belangrikste rolspelers konsulteer voordat hy finaal besluit of die plaaslike verkiesing op 27 Oktober moet voortgaan.

Moseneke het Dinsdag ná ’n ondersoek wat hy namens die OVK gedoen het, aanbeveel ’n vrye en regverdige verkiesing in die lig van die koronaviruspandemie “is nie redelik moontlik nie”.

Moseneke het voorgestel die verkiesing uitgestel word, maar dat dit voor 28 Februarie 2022 moet plaasvind.

Die OVK het nog altyd volgehou hy is tegnies gereed om met die verkiesing voort te gaan, maar omdat die Grondwet vereis dat verkiesings vry en regverdig moet wees, het hy Moseneke – wat met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 adjunkvoorsitter van die OVK was – gevra om vas te stel of dit moontlik is.

Moseneke het sy ondersoek binne net 61 dae afgehandel en die dag voor die OVK se spertyd sy verslag van 120 bladsye aan die kommissie oorhandig.

Onder andere politieke partye, mediese kenners, wetenskaplikes (onder wie prof. Salim Abdool Karim), lede van die kabinet, individue en burgerlike organisasies het skriftelike en mondelingse voorleggings aan Moseneke gedoen.

Moseneke het op ’n mediakonferensie in Centurion, waar sy verslag bekend gemaak is, gesê sy aanbeveling is gegrond op wetenskaplike feite en die huidige inperkingsmaatreëls.

Die groter politieke partye kan dit bekostig om te adverteer en digitaal stemme te werf, maar kleiner partye kan nie.

Die feit dat min mense nog ingeënt is, die gevare betrokke by die hou van politieke byeenkomste in die aanloop tot die verkiesing, en die moontlikheid van ’n vierde vlaag van die pandemie teen die einde van die jaar, is van die redes waarom hy voorstel die verkiesing moet eerder uitgestel word.

In die lig van die pandemie het die OVK die regte ding gedoen toe hy die Verkiesingshof gevra het dat tussenverkiesings uitgestel moet word, sê Moseneke.

Een van die fundamentele voorvereistes vir ’n vrye en regverdige verkiesing is dat kandidate vrylik kan stemme werf, adverteer en aan verkiesingsaktiwiteite deelneem.

Die groter politieke partye kan dit bekostig om te adverteer en digitaal stemme te werf, maar kleiner partye kan nie.

Verslag nie bindend op OVK

Dit benadeel kiesers se keuse vir wie om te stem.

Moseneke het gesê sy verslag is nie bindend op die OVK nie en dit is sy reg om die verkiesing steeds op 27 Oktober te hou.

Moseneke sê kragtens die Grondwet moet ’n verkiesing binne 90 dae gehou word nadat plaaslike regerings se termyn geëindig het. Die huidige termyn eindig vroeg in Augustus – vyf jaar ná die vorige plaaslike verkiesing in 2016.

Die Grondwet maak nie voorsiening vir die verlenging van die termyn van plaaslike regerings nie, maar Moseneke het voorgestel die OVK moet die “toepaslike hof” nader om te vra dat die verkiesing uitgestel word.

Dit is belangrik dat die verkiesingsdag nie meer as een keer gewysig word nie. In die lig van die swak stand van munisipaliteite is dit belangrik dat die plaaslike verkiesing so gou moontlik gehou word.

Die Grondwet kan ook gewysig word om die uitstel van die verkiesing moontlik te maak, maar dit is nie wenslik nie, het Moseneke gesê.

Teenkanting van partye

Die DA sê hy stem nie saam met die aanbeveling dat die verkiesing uitgestel word nie. Die party sê hy het van die begin af gesê die verkiesing kan binne bestaande Covid-19-protokolle gehou word.

Die ANC en Action SA is ook nie ten gunste van die uitstel van die verkiesing nie. Die ANC se voorstel is dat die OVK meer dae vir spesiale stemme toelaat.

Die EFF was een van die partye wat wou hê die verkiesing moet weens die pandemie eerder uitgestel word. Die IVP het Moseneke se voorstel verwelkom. Die Good-party sê hy aanvaar en ondersteun Moseneke se voorstelle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.