Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Plaaslike Verkiesing
OVK sê Vrydag oor Moseneke se verslag

Suid-Afrika se kiesers en politieke partye sal dalk Vrydagmiddag ’n beter aanduiding hê of die Verkiesingskommissie (OVK) voortgaan met die munisipale verkiesing wat vir 27 Oktober geskeduleer is.

Die OVK sê hy het Donderdag met politieke partye en ander rolspelers vergader nadat oud-adjunkregter Dikgang Moseneke vroeër vandeesweek voorgestel het die verkiesing moet weens die Covid-19-pandemie eerder uitgestel word.

Hy het die ondersoek namens die OVK onderneem om vas te stel of die verkiesing in die huidige omstandighede vry en regverdig sal wees, soos die Grondwet vereis.

Die OVK is egter nie gebind tot Moseneke se voorstelle nie.

Die voorstelle is met gemengde reaksie deur politieke partye ontvang, hoewel peilings daarop dui die meerderheid kiesers is ten gunste van die uitstel van die verkiesing.

Die EFF en van die kleiner partye is ten gunste van die uitstel van die verkiesing.

Die OVK, wat volhou hy is tegnies gereed om met die verkiesing voort te gaan, sê hy sal Vrydag om 14:00 reageer nadat hy Moseneke se verslag bestudeer en dit met rolspelers bespreek het.

Die kommissie sal ook sê watter aksies hy voorstel oor sekere van Moseneke se aanbevelings.

Moseneke het in sy verslag van 120 bladsye gesê sy aanbevelings is gegrond op wetenskaplike feite en die huidige inperkingsmaatreëls.

Hy stel voor die OVK wend hom tot die “relevante hof” om te vra dat die verkiesing uitgestel word. Hy het nie gesê of dit die kieshof of die konstitusionele hof is nie.

Dit is omdat die Grondwet nie voorsiening maak vir die uitstel van verkiesings nie. Kragtens die Grondwet moet ’n verkiesing vir plaaslike regerings binne 90 dae plaasvind nadat die vorige raad se termyn verstryk het.

Die huidige termyn verstryk op 3 Augustus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.