Die polisie en lede van die wetstoepassingsowerhede in Kaapstad moes Vrydag meer as 1 000 leerlinge – wat hul Valentynsdagvieringe in Claremont voortgesit het – uitmekaar dryf.
Een van die vermeende plaasmoordenaars wat in Desember uit ’n sel by die Hartbeespoort-polisiekantoor ontsnap het, is Woensdag aangekeer.
Jy sal nooit weet wat jy rook nie, sê Werner Koekemoer, ’n private ondersoeker, oor die omstrede Herbal Blend-middel wat onlangs weer in Pretoria opgemerk is.
Die Southern Kings se dissiplinne het hulle Vrydagaand op ’n nat en winderige Irish Independent Park in Cork, Ierland, teen Munster kwaai in die steek gelaat.
Hulle het “binnekennis” oor die tipe rugby wat die Universiteit van Johannesburg (UJ) se voorspelers in hul Varsitybeker-wedstryd gaan opdis.
Die Lions hoop die weer speel saam om ’n einde te maak aan die frustrasie wat hulle beleef aan die begin van die eendagreeks nadat hulle die meerdagkrieketreeks gewen het.
Gustaf Pienaar het onlangs ’n nuwe platespeler aangeskaf en skryf oor die bekoring van langspeelplate en sy dae by die SAUK.
Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede was positief en vol hoop vir die volgende treë na sy “nuwe daeraad” en ekonomiese herlewing, sê Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep.
Eskom verwag nie beurtkrag vir die naweek nie, maar dis te vroeg om voorspellings oor volgende week te waag.
Pres. Cyril Ramaphosa het ’n “nuwe” SAPD-gemeenskapspolisiëringstrategie aangekondig, maar dit blyk asof dié strategie nie nuut is nie en nie meer doeltreffend gaan wees as vorige pogings nie, skryf Guy Lamb.
’n Bergskilpad wat 20 minute lank reënwater drink, daarna sy kop in die waterplas hou; ’n enkele blommende granaatbos binne ’n kaalgestroopte skaapkamp; buie wat streep-streep val en verligting maar geen wonderkuur vir die rampgebied bring nie. Dís tonele wat Sarie Marais-Nell laas week rondom Beaufort-Wes aangetref het.
Dit is in hierdie dae 40 jaar gelede dat die Islamitiese Revolusie in Iran plaasgevind het. Dit was ’n gebeurtenis wat die wêreld geskud het en die wêreldpolitiek steeds beïnvloed. Leopold Scholtz berig.
Arnold Coleske, “Grootbaas” van Die Kontrak en direkteur van Afrikaans is Groot het gedink sy “einde het aangebreek” toe hy aangeval is.
Wilhelm van der Walt, wat Donderdag die Fiësta as beste akteur vir sy rol in die toneelstuk Klippe wat val ontvang het, het vroeg besef met dié karakter sou hy ’n “haas uit ’n hoed moes pluk”.
“Die grootste verrassing van my 70ste verjaardag is dat daar nie vandag beurtkrag gaan wees nie,” sê die aktrise Annelisa Weiland op haar verjaardag Vrydag.
Geklee in ’n deftige swart pak en op die maat van ’n geliefkoosde liedjie het ’n onderwyser van Grey-kollege op Valentynsdag sy meisie op die een knie en onder luide toejuiging in die skoolsaal om die jawoord gevra.
’n Kranige hengelaar (6) van die Suid-Kaap wat self slegs 22 kg weeg, het op eie stoom ’n skeurtandhaai van by die 130 kg uitgetrek.
Jana Brasil, ’n fotograaf van Brasilië wat spesialiseer in geboortes, het fassinerende foto’s geneem van ’n baba wat volkome deur middel van ’n keisersnee in sy vrugwatersak gebore is.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.