’n Gewapende rooftog is tans by die Cape Gate-winkelsentrum in Brackenfell in die Wes-Kaap aan die gang.
Twee vermeende transitorowers het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Babanango in KwaZulu-Natal verskyn in verband met ’n transitoroof verlede maand.
Die Valke in die Noord-Kaap het Woensdag ’n sakeman van Bloemfontein weens beweerde tenderbedrog van R487 500 in hegtenis geneem.
Twee van die land se meer ervare boksers, Hekkie Budler en Simpiwe Konkco, sal volgende maand deur jonger internasionale vegters uitgedaag word.
Die feit dat Jaco Kotze ’n skeidsregter én die Hoërskool Fichardtpark se direkteur van rugby is, help dié spelers van die skool om die reëls te vertolk.
’n Speler se terugkeer na ’n gholfbaan waarop hy voorheen sukses behaal het, is nie noodwendig ’n waarborg vir ’n goeie week nie. Maar in Wilco Nienaber se geval sal dit geen verrassing wees as hy die poppe van Donderdag af laat dans nie.
’n Stuk grond van 15 ha groot by die River Club in Observatory in Kaapstad is vir die ontwikkeling van onder meer die eerste hoofkantoor van Amazon in Afrika goedgekeur.
Dis nie H5N8-voëlgriep wat in Gauteng uitgebreek het nie, maar H5N1, wat ook hoogs aansteeklik is.
Vrystaatse boere hoop vir nog drie weke grasie voordat die winterkoue toeslaan sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes.
Daar behoort ook ’n minimum vonnis vir brandstigting te wees, skryf Gustaf Pienaar. En dit moet séérmaak, sodat Suid-Afrikaners ’n heilige respek vir vuur kan begin ontwikkel.
Wanneer sogenaamde “vriende met voordele” ter sprake kom, moet jy maar die fynskrif behoorlik gaan lees, skryf Erla-Mari Diedericks.
Afrikanernasionaliste het dit nog altyd gehad teen die “andersheid” van genls. Louis Botha en Jan Smuts.
Jim Steinman, die Grammy-wenner en liedjieskrywer, is Maandag op 73-jarige ouderdom dood.
Die skrywer Pieter Fourie het vir die eerste keer ná bykans 40 jaar die huis in Bloemfontein besoek waar hy en sy ma byna deur sy pa vermoor is.
Sibongile Mngoma het op 3 Maart by die NKR se kantoor in Newtown ingestap – en dit uit protes teen die wanbestuur van noodfinansiering vir kunstenaars nie weer verlaat nie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
’n Skrywer, ’n gewese wêreldkampioen-skopbokser, ’n oorlognabootser wat homself ’n swart Boer noem, en 'n perdefluisteraar reis met ’n perdekar terug in die geskiedenis.
Raubie Brink word nie net Donderdag ’n hele 100 jaar oud nie, hy is ook die oudste alumnus van die Hoër Jongenskool Paarl.
Tydens ’n besoek aan Worcester het Errieda du Toit weer die lekkerte van ouskool-geregte beleef.
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.