’n Polisiebeampte van Gqeberha (Port Elizabeth) wat van diens af was en sy buurman te hulp gesnel het, moes 12 steke aan die wond in sy rug kry nadat ’n vermeende huisbreker hom met ’n mes aangeval het.
Veediefstal in Suid-Afrika bly ’n enorme probleem en hoewel statistieke wys dat dié misdaad afgeneem het, sê die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) ’n mens moet onthou dat die daling vanaf ’n baie hoë vlak is.
Altesaam 15 mense is sedert Vrydag in die Suid-Kaap in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, wat die besit van gevaarlike vuurwapens en dwelms insluit.
Die laaste tyd het die Blitsbok Ryan Oosthuizen nie net die aksie op die speelveld van die kantlyn af dopgehou nie, hy bekyk ook gereeld sake op ’n afstand as hy by prokureurs gaan inloer.
Chris Gayle, immergroen mokerman van die Wes-Indiese Eilande, het sy visier op ’n derde T20-Wêreldbeker-titel saam met die Windies gestel.
Andy Ruiz, die mollige Mexikaanse bokser wat twee jaar gelede die bokswêreld geskok het toe hy Anthony Joshua as kampioen onttroon het, gaan uiteindelik weer aan ’n geveg deelneem.
Die biermaatskappy Heineken Suid-Afrika het die terugkeer na vlak 1 van die inperking verwelkom.
In die kort maand van die liefde het motorverkope steeds nie herstel tot die vlakke voor Covid-19 nie, maar wel beter as verwag gevaar, wat goeie herstel in die ekonomie voorspel.
Parlementslede was Dinsdag nie beïndruk dat so min vordering gemaak is wat betref die vervolging van amptenare wat by die omstrede verkoop van Suid-Afrika se strategiese olievoorraad in 2015 geïmpliseer word nie.
Onlangs soek ek op die internet na verklarings vir mense wat ure kliphard gevries het, en wonderbaarlik ontdooi en voortgeleef het.
Inwoners van munisipaliteite het ’n kantelpunt bereik waar al hoe meer dreig om belasting te weerhou en self te doen wat gedoen moet word. Dít is hoekom die ANC hierop moet ag slaan in die aanloop tot die verkiesing, skryf prof. David Everatt.
Terwyl dit enersyds voel of ons terugreis na normaliteit te langsaam vorder, verander dinge tans tog ook vinnig.
Enorme bedrag vir digitale kunswerk betaal
Afrika-kuns staan sterk op Aspire Art se eerste veiling van die jaar. Dit is ’n besonder interessante en uiteenlopende versameling.
Die Brüssow-egpaar straal van trots nadat hul tweede pienkvoet, en eerste dogtertjie, hulle tien dae te vroeg kom verras het.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Ek kyk vandag na lewende annuïteite en trusts. Ek meen hier is ’n hele klomp slaggate wat die voorstanders van lewende annuïteite wat deur trusts gehou word, nie mooi deurdink het nie.
In reënseisoen verdwyn die uitsig oor Darjeerling se teeplantasies in die mis, maar die tee bly eersteklas, skryf Este Oosthuizen.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Allesbehalwe 'n "cheap date"!
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.