Enige munisipale werker wat homself aan korrupsie skuldig maak, sal in hegtenis geneem word omdat dit as ’n ernstige oortreding beskou word.
Die lyk van ’n verkoolde vrou, wat vermoedelik voor haar dood in plastiek toegedraai is, is Vrydagmiddag langs ’n grondpad in Gqeberha (Port Elizabeth) gevind.
Sers. Dominick Monana (43) is Vrydagaand deur vier gewapende mans in Bosbokrand, Mpumalanga, oorrompel en doodgeskiet in wat ’n kapingspoging blyk te wees.
Die liederlike drag slae wat die rugbyspan van die Oostelike Provinsie ’n raps meer as ’n week gelede teen die Bulle gely het, het die deur vir ’n paar nuwelinge oopgemaak.
Met ’n omgesukkelde Lizelle Lee en Laura Wolvaardt aan die spits het die Protea-vrouekrieketspan die eerste eendagwedstryd teen Indië in ’n japtrap gewen.
Roger Federer gaan met sy terugkeer tot die tennisbaan ná langer as ’n jaar volgende week in Doha in die Katar Ope teen Daniel Evans of Jeremy Chardy in die tweede ronde te staan kom.
Die sakeredders van die beleërde lugdiensmaatskappy Comair het drastiese veranderinge aan die sakereddingsplan aangebring wat onder meer insluit die kansellering van bestellings vir nuwe vliegtuie.
Die Liberty-groep het in die boekjaar tot einde Desember ’n groot verlies gely nadat ’n reserwefonds geskep moes word om voorsiening te maak vir die verwagte styging in sterftes en afleggings weens die Covid-19-pandemie.
Suid-Afrikaners gaan dalk een oggend oor die radio hoor die Poskantoor het ineengestort en bestaan nie meer nie.
In Menseregtemaand van hierdie 26ste jaar van ons demokrasie, gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, is rassisme steeds met ons.
Hy het nooit as te nimmer gesê die DA wil in koalisie met die ANC gaan nie, sê die DA-leier, John Steenhuisen.
’n Belangrike uitspraak in die Kaapse hooggeregshof kan dit vir groot korporasies baie moeiliker maak om hul kritici te boelie, skryf François Smuts.
Die departement van sport, kuns en kultuur het studiebeurse beskikbaar gestel aan uitstaande Suid-Afrikaanse studente wat ’n studierigting verwant aan erfenis najaag.
Musiekliefhebbers het vroeg in die jaar reeds twee kanse om te verseker dat hul gunsteling-musiek en -liedjies die kans staan om met ’n plaaslike musiekprys bekroon te word.
Met sy vermaaklike meta-misdaadroman Die duiwel maak my hart so seer doen François Bloemhof presies wat die agterplat beloof: Hy verbreek die reëls van misdaadfiksie, skryf Jonathan Amid.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Suiker en glukose, produkte van verfynde wit stysel soos rys, aartappels, pasta en brood veroorsaak inflammasie en ’n magdom spysvertering- en bloedsuikerprobleme.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.