Moord en seksuele aanranding is twee van die kontakmisdade wat binne ’n tydperk van drie maande in die Oos-Kaap toegeneem het.
Die DA in die Noord-Kaap doen ’n beroep op die polisie in Kimberley om patrollies by misdaadbrandpunte op te skerp.
Twee gevangenes het Donderdag uit ’n tronk in Malmesbury ontsnap en is weer dieselfde middag gevang.
Daar gaan ’n dag kom wanneer die Pumas nie meer die knie buig voor swak besluitneming en bottervingers nie. En daardie dag gaan die sogenaamde groter spanne lang trane huil.
Wanneer Nicci Oosthuizen (17) haarself voorstel, sal jy nie sommer dink dat sy met ’n besonderse stukkie geskiedenis agter haar naam pronk nie.
Die Dolphins het Vrydag op Kingsmead sy reputasie as die beste span in die KSA T20-uitdaagtoernooi gestand gedoen.
Suid-Afrika is van die mees skeptiese lande ter wêreld as dit by 5G-tegnologie kom.
Die nasionale oesskattingskomitee het bekend gemaak dat hy vanjaar ’n rekordoes vir die meeste somergraangewasse verwag en dat ’n groter mielie-, peulgewas- en sorghum-oes as verlede jaar te wagte kan wees.
’n Eis van R4,1 miljard is teen Steinhoff ingestel deur Markus Jooste se eie beleggingsmaatskappy - maar ook teen Jooste self.
Daar is iets omtrent Mars wat hom bang maak, skryf Koos Kombuis. Want as hy lank genoeg in Suid-Afrika bly, is daar ’n goeie kans dat die rooi planeet hiernatoe sal kom.
Alles in sy roman oor sy pa wat “probeer het om my ma se kop met ’n metaalpyp te verbrysel, en toe weer en weer en weer probeer het om haar keel met ’n stuk gebreekte glas af te sny”, is waar, sê Pieter Paul Fourie aan Murray La Vita.
’n Vriend wil weet of ek dink die naamsveranderinge in die Oos-Kaap gaan die ANC help om die munisipale verkiesing in die streek te wen. Ek dink dit is onwaarskynlik.
“Ek het nooit weggestap nie, dit was eerder ’n besluit om terug te staan en nie weg te stap nie.” Só sê prins Harry oor sy besluit om as senior koninklike terug te staan en ’n nuwe lewe vir hom en sy gesin in Amerika te bou.
Die akteur Dean John Smith vertolk nié die rol van tamatiesous in die kykNET-speelfilm Sousie nie, maar dit keer hom beslis nie om met ’n skaterlag daaroor te grap nie.
Die Afrika Mamas, ’n Zoeloe a cappella-ensemble, word in die buiteland lof toegeswaai vir hul nuwe album, Ilanga, wat “die son” in Afrikaans beteken.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Wanneer hy op die sportveld uitdraf, kyk mense twee keer om seker te maak dat dié kranige rugby-, krieket- én hokkiespeler dit werklik met ’n prostese regkry.
Toe hy in 1971 begin het om Die Burger af te lewer, het hy nie gedink hy sal dit 50 jaar later steeds doen nie.
Carin du Plooy (62) van Durbanville se man van 44 jaar sê sy lyk soos ’n jong pêrel nadat sy ’n splinternuwe voorkoms op die TV-program Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel op kykNET gekry het.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.