Minstens een persoon is Woensdag in vermoedelik ’n plaasaanval in die Kirkwood-distrik in die Oos-Kaap dood.
Die polisie ondersoek die moontlike vergifting van voëls in Durbanville nadat 22 voëlkarkasse en vyf lewende, maar kritiek siek volwasse poue Dinsdag hier gevind is.
’n Vissersboot, ’n stil hawedorp en miljoene rande se dwelms. Dit was Maandagaand die rolspelers toe die polisie op die Saldanha-hawe aan die Weskus toegeslaan en op ’n dwelmvonds van meer as R500 miljoen se kokaïen beslag gelê het.
Die veelsydige agterspeler Courtney Winnaar kan ’n verrassende keuse as kaptein vir die Oostelike Provinsie-span wees wat volgende week teen die Leeus speel.
Die Australiese krieketspeler David Warner berou dit dat hy so vinnig ná ’n liesbesering na die speelveld teruggekeer het en meen dit was ’n terugslag in sy herstelproses.
Fernando Alonso, die Spaanse renjaer van Alpine, is fiks en op die been ná ’n operasie aan sy kaak en sal vir Formule Een se voorseisoense toetsing gereed wees.
Nuus oor die moontlike vervolging van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, in Duitsland, word Donderdag verwag.
Die SAUK wil die “uitgediende konsep” van TV-lisensies afskaf en eerder ’n tipe belasting van alle huishoudings hef, ongeag of hulle ’n TV het of nie.
Die winkelsentrum Canal Walk in Kaapstad se besoekersgetalle het met amper 23% gedaal in die halfjaar tot einde Desember 2020.
Tydens die ampstermyn van pres. Richard Nixon het wantroue tussen die Withuis en die perskorps so ’n laagtepunt bereik dat die term “geloofwaardigheidsgaping” ontstaan het.
Politieke partye kan nou weer saamtrekke hou ná die aankondiging dat inperkingsmaatreëls verslap word.
Die afgelope begroting het groot belangstelling gewek met uiteenlopende reaksies. Dit is verstaanbaar. Ons toekoms is op die spel en mense voel dit aan.
’n Konvensionele opening van Rus en vrede, ’n uitstalling van stillewes in die breë sin van die woord, is weens Covid-19-regulasies buite die kwessie. Maar dié uitstalling verteenwoordig wel die virtuele opening van die Kotzé-kunsgalery.
Net 38 musiekliefhebbers sal die voorreg hê om vandeesweek na ’n simfoniekonsert deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) in ’n konsertsaal te luister. Dit boonop met die bekroonde Esthea Kruger as pianis, die gevierde dirigent Bernhard Gueller
Hoewel die vlak 1-maatreëls van die inperking talle bedrywe die kans gee om weer op die been te kom, meen kenners die kunste se nagmerriejaar is nog lank nie verby nie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
155 leerlinge van ’n afgeleë nedersetting in Noordwes hoef nie nou meer elke dag tot 5 km skool toe te stap nie.
’n Ouma van Pretoria hekel ’n hond uit ’n bos aan babakombersies vir ’n goeie doel – en dít te midde van swak sig, artritis en kanker.
Groot Constantia, Suid-Afrika se oudste wynproduserende landgoed, het aangekondig dat hy sy Vintage Vault gaan oopmaak en beperkte hoeveelhede van die skaarsste en beste wyne in die land beskikbaar gaan maak om gekoop te word.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Allesbehalwe 'n "cheap date"!
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.