Agt polisielede is Maandag in Gauteng deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle ’n man wat in polisieaanhouding was, na bewering vermoor en twee ander gemartel het.
Die eienaars van ’n drankwinkel in Riebeeckstad in Welkom, Vrystaat, is Sondagoggend beroof toe hulle vermoedelik die inperkingsregulasies oortree en onwettig drank verkoop het.
’n Raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro se kantoor is Maandag tydens ’n betoging in Motherwell aan die brand gesteek.
Curtis Jones, middelveldspeler van die Engelse sokkerspan Liverpool, het sy doel in Sondag se oorwinning oor Sheffield United aan sy spanmaat Alisson Becker opgedra.
Die sokkerspanne van Mamelodi Sundowns en Polokwane City moet mekaar eers op Woensdag 10 Maart op Loftus Versfeld in Pretoria aandurf voordat die legkaart vir die Nedbankbeker-uitklopreeks se kwarteindronde in plek sal val.
Dit is dieselfde besering wat hy in 2019 se Curriebeker-eindstryd opgedoen het, maar dis nie te ernstig nie.
Die saak waarin Mirror Trading International (MTI) voorlopig gelikwideer is nadat hy beleggers glo uit miljarde geswendel het, sal eers in Mei weer in die hof aangehoor word nadat dié maatskappy besluit het om die aansoek teen te staan.
Steinhoff het nagenoeg R30 miljoen bewillig vir die forensiese ondersoek oor die beweerde bedrog in die groep.
Die kosgroep RCL Foods het ’n halfjaardividend van 15c per aandeel verklaar. Sy suiker, en bakkery-afdelings het goed gevaar.
Dit gaan nog 'n hele paar jaar neem voordat Covid-19 onder beheer gebring word, meen dr. Cloete van Vuuren, 'n infeksiespesialis van Bloemfontein. Maar intussen kan ons van die "higiëne-drama" wat miljoene rande kos, ontslae raak, sê hy.
Oudpres. Jacob Zuma en ander politici se miskenning en verontagsaming van die reg kan tot ’n algehele ineenstorting van verantwoordbaarheid sowel as ’n chaos en anargie in die land lei, het kenners aan Jana Marx gesê.
Herbenoemings en ander kulturele prosesse moet só bestuur word dat ons nie terugverval in ’n eindelose kringloop van kulturele hegemonie en oorheersing nie, skryf Frederik R van Dyk.
Love Island SA? Eerder Pain Island.
’n Nuwe album deur die Suid-Afrikaanse rockgroep Springbok Nude Girls (SNG) is op pad.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Ek kyk vandag na lewende annuïteite en trusts. Ek meen hier is ’n hele klomp slaggate wat die voorstanders van lewende annuïteite wat deur trusts gehou word, nie mooi deurdink het nie.
In reënseisoen verdwyn die uitsig oor Darjeerling se teeplantasies in die mis, maar die tee bly eersteklas, skryf Este Oosthuizen.
Drie eienskappe wat moderne Audi’s van hul teenstanders onderskei, is uitstaande vlakke van bougehalte, verfyning en kajuittegnologie en -aanbieding. Egmont Sippel het die nuutste weergawes van die A4 en A6 einde laasjaar bestuur.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.