Minstens 20 Vrystaatse tieners is glo sonder hul ouers se toestemming oor die grens met Lesotho na ’n inisiasieskool in die Malutiberge gelok.
Die vermoorde Senzo Meyiwa se broer, Sifiso, het volle vertroue in AfriForum se private vervolgingseenheid om die raaisel rondom dié voormalige Bafana Bafana-kaptein se dood op te los.
Die Noord-Kaap is Woensdag deur nóg ’n gesinstreurspel geskud toe ’n pa glo sy baba van sewe maande by Loeriesfontein vermoor het.
Australië se Ash Barty is as die Vrouetennisvereniging (WTA) se Speler van die Jaar gekroon nadat sy haar eerste Grand Slam-titel gewen het en die seisoen boaan die wêreldranglys afsluit.
'As dit nie vir die UWK en coach Chester Williams was nie, sou ek seker nie hier gewees het nie.'
Die voormalige Springboklosvoorspeler Arno Botha, wat deesdae sy rugby vir Munster in Ierland speel, is weens gevaarlike spel vir drie weke geskors.
As jy ’n betreklike ou slimfoon het, gaan jy dalk eersdaags toegang tot WhatsApp verloor.
Net een uit elke drie rekenaars op die Afrika-vasteland bevat egte Windows-programmatuur, en Microsoft wil dringend iets daaraan doen.
Die slegte nuus: Sabotasie het ’n rol gespeel in die heersende kragonderbrekings in die land. Die goeie nuus: Daar sal van 17 Desember tot 13 Januarie géén beurtkrag wees nie.
In geslote, outoritêre state is die informele, dikwels gesiglose bewegings die werklike setels van mag en potensiële verandering, skryf Liesl Louw-Vaudran.
Mans moenie namens vroue praat nie. Hulle kan goed en hard genoeg vir hulself praat, skryf Meghan Lawrence in reaksie op prof. Michael le Cordeur se onlangse meningstuk oor slawerny.
Levina Carstens (63) was haar hele volwasse lewe lank ’n gr. 1-onderwyseres en het nou ná 44 jaar afgetree. Sy deel haar wedervaringe met Murray La Vita.
Plaasaanvalle, geslagsgeweld en kulturele toeëiening is onder die gewigtige temas wat binnekort in vyf jong dramaturge se toneelstukke onder die loep kom.
Volgens die toonaangewende internet-rolprentdatabasis IMDb is 'Chernobyl' die topreeks van die afgelope dekade met 'Game of Thrones' en 'Rick and Morty' kort op sy hakke.
Die ontsnapping van twee wit Suid-Afrikaanse mans uit Pretoria se sentrale gevangenis het in die 1970’s opslae gemaak, dit is nou die gegewe vir die Brits-Australiese rolprent Escape from Pretoria.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Twee dinge is belangrik wanneer jy een van Suid-Afrika se grootse versamelaars van rugbytruie is – respek en geduld.
Hy was 19 jaar oud toe hy “in die hartjie van die winter” as ’n karwag in die Port-Elizabethse hawe begin werk het.
Die Tafelbergsweefspoor doen Woensdag weer sake nadat dit Dinsdag gesluit was weens tegniese probleme wat vermoedelik weens beurtkrag ontstaan het.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.