Niemand moet op ’n straathoek teen die koronavirus ingeënt word of enigsins entstowwe probeer aankoop nie.
Vier verdagtes se vryheid was van korte duur toe hulle Sondag, kort nadat hulle en nog drie ander uit die Volksrust-polisie in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, vasgetrek is.
Die blinkrooi tweedehandse motor het ’n moontlike koper genoegsaam beïndruk dat die persoon dit Vrydag wou toetsbestuur.
Kade Wolhuter hoop om op sy 40 belowende minute teen die Cheetahs voort te bou en in die maande wat kom die Stormers se nr.10-trui syne te maak.
’n Vernietigende boulskof met die nuwe bal deur Mbulelo Budaza het die momentum aan die Knights terugbesorg nadat Neil Brand die Titans mooi op koers gehad het op die eerste dag van dié krieketspanne se meerdagstryd Sondag in Centurion.
Die wêreld se nr. 5-vrouespeler, Elina Svitolina van Oekraïne, sê die drastiese verlaging van prysgeld in die WTA-reeks het wel haar motivering om te speel, aangetas, maar erken ook tennisspelers moet nou leer om hul verwagtinge ’n bietjie aan te pas
Die infrastruktuurprojekte waarin pensioenfondse sal kan belê, blyk spesifiek staatsprojekte te wees.
Tito Mboweni se nuwe begroting fokus op wat die ekonomie nodig het, maar dit gaan politieke oorredingsvermoë kos om deur te voer.
Met dié dat baie meer mense te midde van die Covid-19-pandemie van die huis af werk, skoolgaan en kuier, is die meeste mense al vertroud met Zoom en Teams, maar daar is nou nog ’n nuwe opsie.
Die een ding wat ek deesdae gereeld leer, is dat ek nog baie het om te leer. En dat jy wel vir ’n ou hond of kat nuwe trieks kan leer.
In die politiek moet ’n mens maar jou bedmaats versigtig kies.
Die provinsiale redes van premiers Sisi Ntombela van die Vrystaat en Zamani Saul van die Noord-Kaap bied min hoop en inwoners het goeie rede om bekommerd te wees dat 2021 ook nie die jaar gaan wees waarin hul lewens verbeter nie.
Selfdood, rassisme en onvoldoende ondersteuning is van die redes waarom prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, ’n nuwe lewe buite die koninklike kou gesoek het.
Wat het ’n poniekoerant en ’n nood-kotssakkie in gemeen?
’n Ongewone hulde-aanbieding aan die ontslape digter-skrywer Adam Small, byna vyf jaar ná sy dood, het vyf Fiësta-pryse, die meeste van die aand, losgeslaan, insluitend dié vir beste algehele feesproduksie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Vergeet van voëlkykers en geveerde bewoners van die veld: daar is deesdae ’n veel dapperder subspesie wat die natuur invaar om meer oor grillerige gediertes te leer.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.