Betogers het Dinsdagoggend in Gqeberha (Port Elizabeth) binne drie uur twee passasiersbusse en drie vragmotors aan die brand gesteek.
Die koeël van die skoot tydens die eerste plaasaanval wat Neil McKay jare gelede verlam gelaat het, gaan nou moontlik ná sy moord tydens ’n tweede plaasaanval uit sy lyf verwyder word.
Klein en groot daggaplante was deel van die dwelmvonds van R10 miljoen waarop die Valke beslag gelê het op ’n plaas in Kraaifontein buite Kaapstad.
Gregor Townsend, Robin McBryde, Steve Tandy en Neil Jenkins is as die Britse en Ierse Leeus se hulpafrigters aangewys vir hul toer later vanjaarin Suid-Afrika.
'500 k met geen plan in plek nie. Die geveg is af . . .'
'Sy vaart en vrag is sy grootste bates.'
’n Voëlgriepvirus het in Gauteng uitgebreek, maar toetse moet eers gedoen word om vas te stel of dit die uiters aansteeklike H5N8-virus is.
Nie almal is oortuig van die rede wat Absa aanvoer vir die besluit om die Absa Money Market Fund (AMMF) te sluit wat meer as R80 miljard onder bestuur het nie.
Om voedselsekerheid in die land te verseker sal ’n kopskuif van boere na ander praktyke vereis.
Ek was die kringbestuurder van Stellenbosch toe ’n nuwe skool vir die Kayamandi-hoërskool gebou is.
Israel het ’n ingewikkelde geskiedenis met Afrika, ’n vasteland waar daar ook gevestigde belange in die Palestynse saak is, skryf Jo-Ansie van Wyk.
Suid-Afrikaners wil voortdurend weet of godsdienstige instansies in die algemeen en die kerk in besonder heeltemal uit die openbare arena teruggetree het, skryf Nico Botha.
Kort voor die koms van hul eersteling, het die glanspaar, Simoné en Andries Pretorius, hul dogter se naam en die geseënde storie daaragter met die wêreld gedeel.
Die digter Emma Bekker se debuutkortverhaalbundel, Vel, wat onlangs uitgereik is, bestaan nie uit “goedvoel-stories” nie. Maar ongeag of lesers daarvan hou of nie, is haar grootste vrees dat dit lesers lou sal laat. Sy het met AJ Opperman gesels.
Die veelsydige Bloemfonteinse pianis Anton Esterhuyse se eerste lewende uitvoering in die koronavirustyd is geen gewone geleentheid nie.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
’n Kaapse hond met ’n voorliefde daarvoor om in ’n motorfiets se syspan saam deur die strate te jaag en die wind in sy pels te voel is besig om ’n trekpleister by sy eienaar se toerisme-onderneming te word.
Sonder enige vorige ondervinding het Ellen Myburgh van Gqeberha (Port Elizabeth) met die kroon as Mej. Tiener Suid-Afrika 2021 weggestap.
Hierdie heerlike pret-pakkie bevat elke dag se blokkiesraaisels, sudoku's en oplossings in Die Burger, Beeld en Volksblad. Elke Sondag word Rapport se pretbladsye bygevoeg. Druk uit en geniet!
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.