’n 58-jarige vrou van Makwassie in Noordwes is Dinsdagmiddag in haar plaashuis deur gewapende rowers oorval, aangerand en ontvoer.
Drie veiligheidswagte is aangehou toe hulle Dinsdagoggend gewapende mans se plan om by die Alberton-leefstylsentrum aan die Oos-Rand in te breek, in die wiele gery het.
’n Man (64) is Maandagmiddag in die been geskiet in ’n aanval by die Kleinplaasdam bokant Simonstad, Kaapstad, terwyl hy en ’n vrou (51) gestap het.
Nadat die Leeus die Jaguares met rotsvaste verdediging geklop het, wil hulle Saterdag teen die Stormers graag weer hul tradisionele sterkpunt uitstal.
Dit lyk of Wiaan Mulder, die 20-jarige veelsydige speler van Johannesburg, Donderdag sy debuut vir die Proteas in die tweede kriekettoets teen Sri Lanka in Port Elizabeth kan maak.
Ondersteuners van die Stormers wag nou al meer as ’n seisoen vir Sergeal Petersen se buiging in die Superreeks en daardie dag gaan moontlik Saterdag teen die Leeus op Nuweland uiteindelik aanbreek.
Jan Taks het Dinsdag toegeslaan op al die roerende bates van die sakeman en sigaretbaas Adriano Mazzotti weens miljoene rande se belastingskuld.
Die tegnologiemaatskappy EOH se aandeelprys het Dinsdag met nog 16% geval te midde van voortslepende onsekerheid oor die omvang van die korrupsie met die groep se staatskontrakte.
Die Wes-Kaapse ekonomie het behoorlik deurgeloop onder ’n week van beurtkrag. Janine Myburgh, voorsitter van die Kaapse Kamer van Koophandel, sê dit het die provinsie tussen R3 miljard en R12 miljard gekos.
Die opbloei van boeke, rolprente en toneelstukke in Afrikaans beteken nie die taal gaan oorleef nie; dit is die produk van “vorige investering”, sê die geskiedkundige Hermann Giliomee aan Murray La Vita.
Vernie Petersen moet vir Suid-Afrikaners ’n voorbeeld wees van hoe om op te staan en geweldloos weerstand te bied teen die magte van die dood wat besig is om die land en sy mense stukkie vir stukkie en bietjie vir bietjie te verslind, skryf Nico Both
Ek is onlangs gevra: as ek enigiets in die Grondwet kon verander, wat sou dit wees? In die lig van grondhervorming in die land is die voor die handliggende antwoord sekerlik artikel 25.
Die modelegende Karl Lagerfeld is Dinsdag in die ouderdom van 85 in Parys, Frankryk, ná ’n kort siekte oorlede. Lagerfeld was die groot gees agter die gesogte Chanel-handelsmerk.
Die Netwerk24-feeskafee is weer op pad Stellenbosch toe vir die Woordfees.
Marlo Minnaar en Liezl de Kock gaan te sien wees in die rolle van ’n paartjie van gemengde ras in ’n nuwe produksie van Athol Fugard se klassieke drama Statements After an Arrest Under the Immorality Act.
Met ’n piepklein span en ’n restaurant wat slegs 24 mense kan vat, het Wolfgat stof in die kompetisie se oë geskop om as die restaurant van die jaar aangewys te word.
In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Armand kook kaalnooi dié akteur bekende gaste na sy kombuis. Hulle deel keto-resepte en raad wat jou sal help gewig verloor en om beter te voel.
Jannie van Rensburg gee ’n stukkie geskiedenis van Paarlberg en sy twee rotsmaats, Bretagne en Gordon, wat ’n uitsig soos min oor die Paarl gee.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.