’n Gesamentlike taakmag is op soek na ses verdagtes wat Saterdag by ’n koshuis buite die kampus van die Universiteit van Venda in Thohoyandou, Limpopo, ingebreek het, studente beroof het en een van hulle om die beurt verkrag het.
Vyftien verdagtes sal vandeesweek in die hof verskyn op uiteenlopende aanklagte na afloop van ’n polisie-operasie in die Wes-Kaap die afgelope naweek.
’n 46-jarige boer is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy terugbaklei het toe aanvallers hom Sondag in die vroeë oggendure op ’n plaas naby Brits in Noordwes oorval en beseer het.
Die 21-jarige Amerikaner Reilly Opelka het 86 kishoue in twee wedstryde onderweg na sy eerste ATP-titel gemoker.
Die All Black-spens gaan ná vanjaar se Wêreldbeker (WB)-toernooi nog ’n speler leër wees, met die 27-jarige flank Liam Squire wat Maandag bevestig het dat hy sy loopbaan by die NTT Docomo Red Hurricanes gaan voortsit.
Engeland se rugbyspan het die goeie nuus gekry dat die loskopstut Ellis Genge reg sal wees om Wallis Saterdag in ’n Sesnasies-rugbywedstryd in Cardiff aan te durf.
Belastingkonsultante hoop die slyskool wat die nasionale tesourie in Maart hou oor sy wysigings aan die belasting op buitelandse werk sal ’n kans bied vir verdere kommentaar.
Patrice Motsepe, voorsitter van African Rainbow Minerals, sê hy het niks verkeerd gedoen wat betref sy of sy maatskappye se verhouding met Eskom nie.
Dit sal kontrakbreuk wees en beleggersvertroue skaad as die regering wil heronderhandel oor die eerste twee rondes van groenkrag-aankope, sê Brenda Martin, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging (Sawea).
Baie mense mag dalk gril net by die blote gedagte om goggas te eet, maar dit sal baie goed vir ons reeds bedreigde omgewing wees as mense hul vleistande trek, skryf Martin Potgieter en Bronwyn Egan.
Het wit kiesers in 1992 die regering van oudpres. FW de Klerk toestemming gegee om tot meerderheidsregering in te stem of net om voort te gaan met onderhandelinge, vra Hermann Giliomee in sy boek The Rise and Demise of the Afrikane.
Suid-Afrika se fiskale situasie vereis drastiese stappe.
Anele Mdoda, omroeper by 947 en aanbieder van The Voice op M-Net, is op pad na die Oscars.
Daar is talle produksies op die US Woordfees wat verlede jaar op ander feeste gedebuteer het. Ilza Roggeband, ’n lid van die Fiësta-paneel, wat al die produksies op kunstefeeste sien, gee ’n riglyn na waarde vir jou geld.
Gina Myers, ’n grimeerkunstenaar, is een van die deelnemers aan die heel eerste Bachelor SA.
Die jongste uitgawe is nou op die 'rakke'. Klik en lees gerieflik op jou rekenaar, slimfoon of tablet.
Marzahn Botha het haar kamera uitgehaal en temperature van onder vriespunt in Central Park trotseer
Sit jou emosies opsy en maak deeglike besluite oor jou finansies voor en wanneer jy skei. Dis hierdie besluite wat ná afloop van ’n egskeiding die grootste invloed op jou lewe gaan hê, skryf Christel du Toit in haar boek Divorce Smart: The Girl’s Guide to Divorcing Well.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.