’n Suid-Afrikaanse immigrant in Australië het ’n inbreker in sy huis in Sydney doodgeslaan nadat hy hom op heterdaad betrap het.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag toegeslaan op al die roerende bates van die sakeman en sigaretbaas Adriano Mazzotti as deel van miljoene rande se belastingskuld.
Vier werknemers van Noordwes se gesondheidsdepartement gaan in die hof beland en voor ’n tugpaneel verskyn ná protesoptrede verlede jaar waarin hulle onder meer brandblussers uitgespuit het.
Die veelbesproke Suid-Afrikaanse ster Caster Semenya gaan ’n rits oorsese mediese en sportkenners inspan in haar stryd teen atletiekbase, wat hom vandeesweek in die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) in Switserland afspeel.
Hy is verlig dat die Madibaz se rugbyspan oor die eerste struikelblok in ’n moeilike week is, sê Jarryd Buys, die studente se afrigter.
Hy wens meer mense wil so reguit praat soos Mourad Boudjellal, die omstrede baas van die Franse rugbyklub Toulon, skryf die Nieu-Seelandse joernalis Duncan Johnstone.
Tito Mboweni, minister van finansies, moet Woensdag verduidelik waar hy geld gaan kry vir dít wat sy baas in die staatsrede belowe het. Hier is pres. Cyril Ramaphosa se 7 grootste beloftes.
Die Raad op Mediese Fondse (RMS) het mediese fondse vandeesweek oor sy interne prosesse probeer gerustel na 'n hoë amptenaar geskors is. 'n Waarnemende hoof van ondersoeke is aangekondig.
Die parlementêre begrotingskantoor waarsku die staat se rente op skuld kan besteding aan ander belangrike dinge raak. Dit is die item in die begroting wat die vinnigste groei.
Ek is onlangs gevra: as ek enigiets in die Grondwet kon verander, wat sou dit wees? In die lig van grondhervorming in die land is die voor die handliggende antwoord sekerlik artikel 25.
Die twee woorde wat veroorsaak dat elke Kapenaar eerder twee keer seker maak die krane is behoorlik toe as wat hulle twee keer seker maak die voordeur is gesluit.
Nadat haar mense geslagte lank op die plaas Welgeval in die skilderagtige omgewing van die Pilanesberge gebly het, het stootskrapers van die tuislandregering van Bophuthatswana hulle verdryf, skryf Botlhale Tema in dié uittreksel uit Land of My Ancestors.
Marlo Minnaar en Liezl de Kock gaan te sien wees in die rolle van ’n paartjie van gemengde ras in ’n nuwe produksie van Athol Fugard se klassieke drama Statements After an Arrest Under the Immorality Act.
Die Netwerk24-feeskafee is weer op pad Stellenbosch toe vir die Woordfees.
Die Royal Moscow Ballet bied soos verlede jaar weer ’n viering van die legendariese Russiese komponis Tsjaikofski se musiek aan, maar voeg ’n ballet van die Duitse komponis Carl Orff se rumoerige Carmina Burana by.
In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Armand kook kaalnooi dié akteur bekende gaste na sy kombuis. Hulle deel keto-resepte en raad wat jou sal help gewig verloor en om beter te voel.
Jannie van Rensburg gee ’n stukkie geskiedenis van Paarlberg en sy twee rotsmaats, Bretagne en Gordon, wat ’n uitsig soos min oor die Paarl gee.
Kom stap saam op al dié roetes.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.