Alan Winde, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê die status quo vir misdaadbestryding in die provinsie moet dringend verander as die Kaap die veiligste plek in die land wil wees.
Brackenfell se polisie het vyf mense vasgetrek wat Maandagaand probeer het om alkohol van ’n vragmotor op ’n sakeperseel in Bottelarystraat te steel.
’n Klant is in die nek geskiet toe ’n groep mans op ’n kontantwinkel in Dewetsdorp in die Vrystaat toegesak het.
Die Engelse sokkerklub Leeds United is met £200 000 deur die Engelse Sokkerliga (EFL) beboet nadat hy op ’n opponerende span gespioeneer het.
Nadat die Leeus die Jaguares met rotsvaste verdediging geklop het, wil hulle Saterdag teen die Stormers graag weer hul tradisionele sterkpunt uitstal.
Dit lyk of Wiaan Mulder, die 20-jarige veelsydige speler van Johannesburg, Donderdag sy debuut vir die Proteas in die tweede kriekettoets teen Sri Lanka in Port Elizabeth kan maak.
Die Wes-Kaapse ekonomie het behoorlik deurgeloop onder ’n week van beurtkrag. Janine Myburgh, voorsitter van die Kaapse Kamer van Koophandel, sê dit het die provinsie tussen R3 miljard en R12 miljard gekos.
Die farmaseutiese maatskappy Aspen se deel van die staatstender vir antiretrovirale middels (ARM’s) wat oor die komende drie jaar verskaf moet word, beloop omtrent R1,9 miljard.
Solidariteit mag die petrochemiese reus Sasol voor die arbeidshof daag oor sy Khanyisa-personeelaandeelskema.
Ek is onlangs gevra: as ek enigiets in die Grondwet kon verander, wat sou dit wees? In die lig van grondhervorming in die land is die voor die handliggende antwoord sekerlik artikel 25.
Die twee woorde wat veroorsaak dat elke Kapenaar eerder twee keer seker maak die krane is behoorlik toe as wat hulle twee keer seker maak die voordeur is gesluit.
Nadat haar mense geslagte lank op die plaas Welgeval in die skilderagtige omgewing van die Pilanesberge gebly het, het stootskrapers van die tuislandregering van Bophuthatswana hulle verdryf, skryf Botlhale Tema in dié uittreksel uit Land of My Ancestors.
Die Netwerk24-feeskafee is weer op pad Stellenbosch toe vir die Woordfees.
Marlo Minnaar en Liezl de Kock gaan te sien wees in die rolle van ’n paartjie van gemengde ras in ’n nuwe produksie van Athol Fugard se klassieke drama Statements After an Arrest Under the Immorality Act.
Die Royal Moscow Ballet bied soos verlede jaar weer ’n viering van die legendariese Russiese komponis Tsjaikofski se musiek aan, maar voeg ’n ballet van die Duitse komponis Carl Orff se rumoerige Carmina Burana by.
In VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Armand kook kaalnooi dié akteur bekende gaste na sy kombuis. Hulle deel keto-resepte en raad wat jou sal help gewig verloor en om beter te voel.
Jannie van Rensburg gee ’n stukkie geskiedenis van Paarlberg en sy twee rotsmaats, Bretagne en Gordon, wat ’n uitsig soos min oor die Paarl gee.
Kom stap saam op al dié roetes.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.