Klein en groot daggaplante was deel van die dwelmvonds van R10 miljoen waarop die Valke beslag gelê het op ’n plaas in Kraaifontein buite Kaapstad.
’n Verkragtingsaak word ondersoek nadat gewapende rowers Sondag op ’n ouetehuis in Gqeberha (Port Elizabeth) toegeslaan en ’n versorger verkrag het.
Vyf swaar gewapende mans het Maandagmiddag ’n taverne in Alheit, sowat 10 km buite Kakamas in die Noord-Kaap, van ’n onbekende bedrag geld en drank beroof.
Met ’n Suid-Afrikaanse rekord en kwalifikasie vir die Olimpiese Spele in Tokio in die sak, was Emma Chelius Maandag die groot uitblinker op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskap in Gqeberha.
’n Kultuur wat behels dat die spelers van die Ixias vir mekaar speel, was een van die beslissende faktore in die Bloemfonteiners se sege oor die Shimlas in die Varsitybekerreeks.
Novak Djokovic, die wêreld se nommereen-tennisspeler, meen Jannik Sinner kan ’n kampioen word.
Suid-Afrikaners gebruik nou die helfte minder suiker as vyf jaar gelede en neem gevolglik ook die helfte minder kalorieë per dag in.
Die hooggeregshof het Maandag ’n bevel vir die finale likwidasie van die elektronika-maatskappy Ellies se filiaal Ellies Industries toegestaan.
Die aansporing van R100 miljard wat die staat deur banke aan klein ondernemings bied, gaan met nog drie maande verleng word.
Suid-Afrikaners wil voortdurend weet of godsdienstige instansies in die algemeen en die kerk in besonder heeltemal uit die openbare arena teruggetree het, skryf Nico Botha.
’n Rit met ’n minibustaxi bly maar ’n uitdaging, hoewel dit ook groot sports kan wees as jy jouself nie te ernstig opneem nie, skryf Willem Fransman jr.
Ná die beslissing van die appèlhof wat die verkiesing van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die Vrystaatse ANC in 2018 as onwettig en ongrondwetlik verklaar het en die hofbevel ingevolge waarvan die PUK ontbind is, verkeer die politieke bestuur van die provinsie in ’n selfgeskepte niemandsland.
Die veelsydige Bloemfonteinse pianis Anton Esterhuyse se eerste lewende uitvoering in die koronavirustyd is geen gewone geleentheid nie.
Prins William en prins Harry het Maandag minute ná mekaar, maar op verskillende wyses, hulde aan hul geliefde oupa Philip Mountbatten-Windsor gebring.
Die groep Die Heuwels Fantasties gaan Sondag vir die eerste keer in 14 maande weer ’n vertoning aanbied.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
In aanloop tot sy boksgeveg met Francois van Coke (40) het Derick Hougaard (38) gesê “depressie en PTSV sal hom nie definieer nie'.
In ’n kreatiewe rok vol sonneblomme gemaak uit Media24-koerante en -tydskrifte het ’n stralende Lanelle Hurter (18) Saterdag alle oë op haar gehad.
In ’n goeie reënjaar verf kandelaarblomme die heuwels by Nieuwoudtville in skakerings van wit, pienk en rooi, skryf Marzahn Botha.
Dis baie meer as net 'n liefdesverklaring toe familiegeheime om die etenstafel ontbloot word in die 12de episode van Ben & Bez.
Skote petoors! 'n Mens sou sweer dis veldskool in die 11de episode van die sketskomediereeks Ben & Bez!
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer Elani Dekker verwys na die episode van 'Ben & Bez' wat sy saam met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.