Vermeende kabeldiewe in Bishop Lavis het Donderdag hul rieme styfgeloop teen Kaapse wetstoepassers wat nie deur koeëls afgeskrik is nie.
Altesame 86 moorde is verlede naweek in die Wes-Kaap gepleeg, waarvan nagenoeg 47 in die Kaapse Skiereiland was. Van dié 47 moorde was tussen 40% en 50% bendeverwant, sê bronne in die polisie.
Die familie van ’n bejaarde oudpolisieman van Marquard in die Vrystaat glo hy is Donderdag doodgeskiet omdat dié “gevreesde taai” man hom waarskynlik teen rowers verset het.
Die feit dat ’n “kommerwekkende” lotjie kinders van 18 en jonger opkikkers vir sport gebruik (en die meeste van hulle wegkom daarmee), moet grootliks voor die deur van die gesaghebbers by plaaslike hoër- en laerskole gelê word.
Kolfineenstortings deur die Nelson Mandela Bay Giants en die Cape Town Blitz het Vrydagaand se Mzansi-superliga-stryd op Nuweland gekenmerk. Die Giants het egter enduit kopgehou om sy plek boaan die puntelys te verseker.
Jacques Nienaber gaan moontlik eersdaags as die Springbokke se nuwe hoofafrigter aangestel word ná ’n vergadering vandeesweek van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende raad in Kaapstad.
Die skoolvakansie het aangebreek en vir baie ouers beteken dit die begin van ’n baie duur twee maande.
Eskom sê in ’n verklaring op sosiale media hy gaan fase 2-beurtkrag van 23:00 Vrydagaand tot 23:00 Saterdagaand toepas.
Hoewel die SAL in sy huidige formaat nie gaan oorleef nie, is die sakeredding waarin hy hom bevind, waarskynlik die beste besluit, sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.
Die knellende droogte wat al langer as vyf jaar voortsleep, het vanjaar rampafmetings aangeneem. Die bedreiging wat dit vir die ekonomie, voedselsekerheid, boere en plaaswerkers inhou, lok groot kommer landwyd.
Die 16-jarige Greta Thunberg is ’n Sweedse omgewingsaktivis wat niemand koud laat nie.
Drie en ’n half jaar nadat die Britte in 2016 met 51,9% ten gunste van onttrekking van die Europese Unie (EU) gestem het, kan Brittanje dit steeds nie regkry om te Brexit nie.
Die plakkaat van die Suid-Afrikaanse rolprent Moffie is pas uitgereik.
Niemand in hul gesin het geweet hy is gay nie, sê boer Damian van Boer Soek ’n Vrou se ouer suster, Desire Coetzee.
’n Kersvader met ’n gedempte geesdrif oor die feestyd klink dalk vergesog, maar hy is gedaan in die splinternuwe Kersproduksie Santa Claus is Coming to Town.
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
In die laaste episode van Die Testament neem die polisie iemand in hegtenis. Wie kan dit wees?
Kyk nou hierdie spesiale halfuurlange dokkie vir ’n blik op die agter-die-skerms-oomblikke met die opname van Coenie se nuwe album.
Die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf is in oproer nadat twee van Suid-Afrika se topsjefs hulle van die Eat OutMercedes-Benz Restaurant-toekennings onttrek het. Carla Lewis kyk na die bohaai.
Die feestyd, wanneer almal jolig en vrolik blyk te wees, kan ’n moeilike tyd wees vir mense met depressie, en ook vir hul geliefdes wat self ondersteuning nodig het.
Teedrink en die bediening daarvan is ’n daaglikse gebruik vir so baie mense wêreldwyd en is ryk aan seremonie en deurtrek van tradisie.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.