’n Bloedbad word op die Kaapse Vlakte en die Boland verwag nadat ’n nabye familielid van Ernie “Lastig” Solomon, vermeende leier van die 28’s-bende, Vrydag in Chicago, Paarl, doodgeskiet is.
Tot ’n dag voor sy dood, het Costa Panayiotou nog in sy seun Christopher se onskuld geglo en gehoop om dit te help bewys.
Gemeenskapsveiligheid in die Oos-Kaap is in die gedrang met die aantal reserviste wat drasties verminder is.
Die pen is magtiger as die swaard. Dit het Thabang Moroe en Krieket Suid-Afrika (KSA) verlede week tot hul spyt uitgevind.
’n Televisie-aanbieder sê sy voel “ontheilig” en “verleë” nadat ’n atleet haar in ’n regstreekse uitsending ’n hou op haar agterstewe gegee het.
Die Duitse gholfspeler Esther Henseleit (20) het die naweek slegs die derde speler in die Europese gholfreeks vir vroue geword wat in dieselfde seisoen boaan die Geldwennerslys geëindig het en as Nuweling van die Jaar gekroon is.
’n Dekade gelede sou jy nie kon dink jou buurvrou se seun studeer om ’n SEO-spesialis te word, of dat jou oom nou ’n Uber-bestuurder is om ekstra geld te verdien.
Die versekeraar Old Mutual moes onlangs behoorlik bontstaan om ’n begrafnispolis uit te betaal nadat ’n familie ’n lyk by een van sy kantore as “bewys van afsterwe” ingedien het.
Die voortdurende kragonderbrekings is verwoestend vir die ekonomie en die woede daaroor is verstaanbaar, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand gesê nadat die land ’n paar uur lank in fase ses-beurtkrag gedompel is.
Hoekom glo kinders regoor die wêreld aan Kersvader? Is dit miskien volwassenes se skuld? vra Rohan Kapitany.
Swapo het aan die mag vasgeklou in die pas afgelope Namibiese verkiesing, maar die opvatting dat dié party se posisie skynbaar onaantasbaar is, is verpletter, skryf Reinhart Kössler.
All hearts come home for Christmas. Die letters is in rooi geverf op ’n reghoekige metaalplaat met ’n verweerde voorkoms. Anders as al die besonderse Kersversieringe wat sy deur die jare versamel het, is hierdie eenvoudige item die een wat direk tot haar hart spreek.
Die program van die 17de Suidoosterfees loop oor van ’n ryk verskeidenheid.
Musiekgenres van A tot Z gaan in 2020 kliphard in Kaapstad opklink wanneer die Suidoosterfees van 27 April tot 3 Mei aangebied word.
Zozibini Tunzi (26) se kroning as Mej. Heelal 2019 het Maandag almal op Twitter aan die praat gehad - van voormalige skoonheidskoninginne tot die president - wat tou staan om haar geluk te wens.
Die feestyd is om die draai en die groot werk van Kersete maak lê nog voor!
’n Tweede aanlyn blitsreeks kom in Februarie 2020 na Netwerk24.
Kyk nou na Die Testament sonder onderbreking!
Nadat twee mense die naweek in die water by die Strand in die moeilikheid beland het, het die owerhede mense gewaarsku om versigtig te wees en net op die aangewese plekke te swem.
Maak reg om ál jou blou artikels uit die kas te haal en af te stof. Alles van broeke, jasse, rokke, juweliersware en selfs sitkamerkussings in ’n donkerblou skakering gaan hoogmode wees in 2020.
Phyl-Mari Heyneke van Midstream, die Septemberwenner van Beeld se Bruid van die Jaar, is op 14 September met Allen getroud. Sy vertel meer oor haar groot dag.
BONUS: As intekenaar ontvang jy ons eksklusiewe nuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.