Veediewe het sy veewagter oorrompel en vasgebind en sy lewende beeste se hakskene en ore is al by ’n vorige veediefstal afgesny, maar nou word hý aangekla en die polisie, wat die diewe glo help, vat sý wapens, sê ’n Oos-Vrystaatse boer.
Vier mans is dood en een ernstig beseer tydens ’n skietvoorval Saterdagmiddag in Mitchells Plain, Kaapstad.
Hoewel ’n pensioenaris van Jagersfontein verlig is dat sy bakkie wat vandeesweek uit sy erf in die dorp gesteel is nadat sy geliefde honde-kinders vergiftig is, gevind is, treur hy terselfdertyd oor sy geliefde Mila-hond wat kort ná die vergiftiging gevrek het.
Die oorlog in die WP-raadsale woed nou so fel dat SA Rugby gevra is om in te gryp te midde van ’n dreigende paleisrevolusie in die unie.
Lekkasies uit sy eie geledere is volgens Zelt Marais die eintlike gif wat die Westelike Provinsie Rugbyunie se handelsnaam onberekenbare skade toegedien het.
Verlede jaar het Dylan Richardson die oë laat rek toe hy in ’n wedstryd tussen die Haaie en Bulle sodanig in Duane Vermeulen se gesig was dat die veteraan hom later vingerwuiwend probeer verjaag het.
’n “Miljoen klein verkeerde besluite” het die staat se eens trotse wapenvervaardiger só afgetakel dat een werknemer al uit sy eie sak betaal het om sy werk te kan doen, selfs al baklei hy en die res van ’n Gideonsbende om kop bo water te hou.
Talle superryk Suid-Afrikaanse belastingbetalers se spesiale briefie van die belastinggaarder is eersdaags in die pos.
So min as 109 000 poste óf soveel as 900 000 poste kan vanjaar in Suid-Afrika geskep word, afhangend van hoe vinnig die ekonomie herstel, sê die konsultantegroep PwC.
Hy sal ondersteun wie hy wil, sê die ANC-woordvoerder Pule Mabe oor die feit dat hy by die strafregtelike verhoor van Ace Magashule in Bloemfontein opgedaag het en namens Magashule die woord gedoen het.
Kiesafdelings gaan nie die probleem van onaanspreeklike parlementslede oplos nie, voer Pieter Groenewald aan.
By ’n stopstraat in Koster het Carel van Heerden haar gesien. ’n Ou dame in haar 80’s in ’n blou rok met wit kolle en ’n groot breërandhoed. Sukkelend het sy ’n kruiwa bult-op gestoot na die waterwerke toe.
P.P. Fourie se oorwoë, fyngeskape debuutroman is ’n genre-oorskrydende soort mosaïekwerk, skryf Jean Meiring.
Albert Grundlingh se sorgvuldige, sensitiewe biografie oor die lewe van Van Zyl Slabbert is ’n saaklike relaas oor stellig die belangrikste tydvak in die geskiedenis van hierdie suid- punt van ons donker kontinent, maar sekere aspekte het tog vir Johann Kriegler gepla.
Die aktrise Diane Wilson het op 21 Februarie 80 jaar oud geword.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
Dit is al jare ons gebruik om op Valentynsdag ons enkellopende vriende oor te nooi vir middagete.
Drie eienskappe wat moderne Audi’s van hul teenstanders onderskei, is uitstaande vlakke van bougehalte, verfyning en kajuittegnologie en -aanbieding. Egmont Sippel het die nuutste weergawes van die A4 en A6 einde laasjaar bestuur.
Kuns is ’n finansiële én emosionele belegging, want dit kan in waarde groei en verskaf jou plesier – dis nou as jy iets aanskaf wat jou verbeelding aangryp.
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
Twee oud-skoolpêlle vang op en vergelyk notas oor hulle dames . . . soveel het verander!
Ben & Bez, 'n sketskomediereeks wat "net so 'n bietjie meer 'insane' as die werklikheid is", is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.
BONUS: Gedurende jou proeftydperk sal jy ons eksklusiewe intekenaarsnuusbriewe, Koffie & Beskuit en Nuusflitse, GRATIS ontvang. Jy kan egter enige tyd op die nuusbrief uitteken.
* Ek aanvaar die gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.